OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,718 Episodes
1020 – 1040

Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers weer versterk teenoor die Amerikaanse dollar. Rentekoerse is ook weer opwaarts aangepas. Slagpryse geniet goeie ondersteuning. Speenkalfpryse het weer verder gedaal hierdie maand en slagpryse het sterk gestyg…
30 Mar 2022 2AM 6 min

PM berig oor Wildbedryf Suid-Afrika wat onlangs ‘n nuwe inisiatief bekendgestel het

AgriOrbit berig oor ‘n nuwe inisiatief wat onlangs in Pretoria bekendgestel is. Die konsep van wildekonomie is aan leerders verduidelik asook watter bydrae die wildbedryf tot die Suid-Afrikaanse ekonomie lewer. ‘n Slanghanteringsdemonstrasie is ook gehou en leerlinge is touwys gemaak oor slange se rol in die ekostelsel en wat kinders…
30 Mar 2022 2AM 1 min

Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universteit van die Vrystaat

Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, verduidelik die die verhoogde rentekoerse en die invloed op die landbousektor. Volgens Maré hou rentekoerse egter baie min voordele in om inflasie af te bring. Ook brandstofpryse bly hoog en baie produsente trek swaar as gevolg van onder andere…
29 Mar 2022 1AM 3 min

PM bespreek die afname in die getal Suid-Afrikaanse produsente van onverwerkte melk

Die afname in die getal Suid-Afrikaanse produsente van onverwerkte melk, word in dieselfde konteks beskou as dieselfde afname wêreldwyd. Die daling in die aantal produsente vind dus ook in lande plaas waarvan die suiwelbedrywe gereguleer word. Net in Kanada alleen was daar ‘n 54,46% afname in produsentegetalle van onverwerkte melk.
28 Mar 2022 1AM 1 min

Claude Moller gee oudergewoonte sy inspirasie vir die naweek

Claude Moller is ‘n bekende “life coach” en motiveringspreker in die landbousektor wat sy wedervaringe met medemense deel en die spesiale lessies wat hy daaruit leer. Moller reis wyd in die Afrika kontinent en kry gereeld te doen met alledaagse praktyke en gebeurtenisse, wat hy dan ‘n storie van maak…
25 Mar 2022 2AM 5 min

PM berig oor die regte gebruik van inenting teen slenkdalkoors

Volgens ‘n verslag van Cape Wools, is dit belangrik dat kleinveeboere seker moet maak van die regte inenting teen slenkdalkoors om die doeltreffendheid van die entstof te verseker. Die entstof kan verseker doeltreffend wees, mits die regte prosedures gevolg word. Onder andere word aanbeveel dat dit te alle tye in…
25 Mar 2022 2AM 1 min

Charl Saunderson gesels in sy weeklikse praatjie; “Kom ons praat ‘n bietjie boer”

Charl Saunderson is ‘n bekende leierboer en Dorperskaap-teler uit die Kenhardt-distrik in die Noord-Kaap. Saunderson was ‘n klompie jare gelede aangewys as Suid-Afrika se Skaapboer van die jaar. Hy is ook ‘n bekende motiveringspreker, berader, predikant, maar bo alles ‘n grondeienaar, produsent en boer. Saunderson gebruik eenvoudige terme in landbouers…
24 Mar 2022 1AM 5 min

Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers versterk teenoor die Amerikaanse dollar. Slagpryse geniet goeie ondersteuning. Speenkalfpryse het egter verder gedaal hierdie maand en slagpryse het sterk gestyg. Stoorlampryse het die afgelope week gedaal. Hoendervleispryse…
23 Mar 2022 5AM 6 min

PM berig oor die tekort aan snotsiekte-entstof in Suid-Afrika

AgriOrbit berig oor ‘n tekort aan snotsiekte-entstof in Suid-Afrika, nadat daar verlede jaar ‘n ooreenkoms gesluit is tussen Onderstepoort Biologiese Produkte en ‘n navorsingsinstituut in Skotland. Die doel hiermee was om tegnologie te verkry vir die ontwikkeling, registrasie en vervaardiging van ‘n entstof teen snotsiekte. Dit blyk egter nou dat…
23 Mar 2022 5AM 1 min

Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universteit van die Vrystaat

Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, praat oor die uitbraak van bek-en-klouseer in Suid-Afrika en ook oor die sogenaamde “hot spots” waar dit voorkom. Die Departement van Landbou het alreeds met maatreëls begin om dit hok te slaan, maar volgens Maré is die enigste manier…
22 Mar 2022 2AM 3 min

Hans-Jurie Moolman behandel interessante vrae van luisteraars oor huurarbeiderswette

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat spesialiseer in grondregte. Hy behandel vandag interessante vrae van luisteraars. Moolman behandel ‘n vraag oor huurarbeiders en wanneer werkers as huurarbeiders beskou word. Moolman verduidelik die definisie van huurarbeiders. Volgens hom is daar tans ongeveer 11 000 van hierdie arbeiders se eise wat…
21 Mar 2022 2AM 5 min

PM berig oor China wat hul sojaboonproduksie wil vergroot

China het begin met beplanning om hul sojaboonproduksie te verhoog, nadat dit verlede jaar skerp afgeneem het, aangesien meer mielies verbou is. Mielies was vroeer meer winsgewend, maar die Chinese regering beoog nou om sojaboonproduksie te stabiliseer en selfs te verhoog.
21 Mar 2022 2AM 1 min

Claude Moller

Claude Moller se inspirasie vir die naweek.
18 Mar 2022 8AM 3 min

Charl Saunderson

Charl Saunderson se weeklikse praatjie oor "Kom ons praat 'n bietjie boer".
17 Mar 2022 3AM 5 min

Pieter Moller

Pieter Moller berig oorArgentinië se vleisverbod wat verleng is.
16 Mar 2022 6AM 1 min

Pieter Moller

Pieter Moller berig oor die Internasionale Wol- en Tekstiel-organisasie.
15 Mar 2022 2AM 1 min

Pieter Moller

Pieter Moller berig oor 'n toep wat onlangs herskryf is vir wildbewaring.
15 Mar 2022 2AM 1 min
1020 – 1040