
Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende regskundige
Loading player...
Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende prokureur wat ‘n kundige is op die gebied van grondregte. Vandag bespreek hy die aanhou van vee deur plaaswerkers wat op plase bly. Moolman verduidelik die ooreenkoms tussen die eienaar van die grond en die plaasarbeider. Risiko's van oorbeweiding, spesifieke afgebakende areas vir die aanhou van die vee en die merk van vee, soos brandmerke, is ander belangrike beginsels. Ander maatreëls, soos om dieresiektes te voorkom, kan ook in so ‘n ooreenkoms aangebring word.