
Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat
Loading player...
Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die problem van bek-en-klouseer. Daar is ‘n groot verskil met die huidige uitbraak in vergelyking met vorige kere. Die verskil is hoofsaaklik dat dit nou selfs in voerkrale voorkom, anders as in ander jare. Onsekerheid oor die diere wat onder kwarantyn is, pryse van karkasse, asook wolveilings word beinvloed. Mare reken die onsekerhede kan nog vir ‘n ruk voortduur.