
PM gesels met Dewald Olivier van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging
Loading player...
Dewald Olivier is die Hoof Uitvoerende Bestuurder van die Suid-Afrikanse Voerkraalvereniging. Hy was een van die hoofsprekers tydens ‘n boeredag van Koopmansfontein Boerevereniging in die Noord-Kaap met die tema “Naspeurbaarheid”. Olivier noem dat onderskeid getref moet word tussen verskillende produkte. Internasionaal word druk deur verbruikers toegepas en die rooivleisbedryf moet na die volgende trappie geneem word om te kan meeding op ‘n internasionale vlak. Nie-deelnemers gaan vorentoe nie toegang kry tot die markte nie.