OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,814 Episodes
1800 – 1814

Eksteen Brand gesels oor hoe om diesel-pes te verhoed, in veral waterpompe

Eksteen Brand, ‘n prosestegnologie-konsultant van die firma Hydac, in Johannesburg, praat vandag verder oor hoe om pes of vuil bestanddele in diesel te verhoed. Brand verduidelik dat een van die eerste metodes is natuurlik om water uit ‘n tenk te hou, veral in gebiede waar die humiditeit hoog is en…
15 Apr 2020 11PM 2 min

Australie se dierewelsynsgroepe gekant teen vriesbrandmerke op skape

Die nuusagentskap, Sheep Central, berig dat dierewelsynsgroepe in Australie opnuut gekant is teen die praktyke van vriesbrandmerke op skape, ondanks die groeiende steun wat die spesifieke praktyk van landbouers in die land daarvoor gee. Duisende wolprodusente in die meeste skaap-produserende provinsies van Australie, verkies hierdie metodes, veral om die risiko…
12 Apr 2020 11PM 1 min

Lesotho se wol- en sybokhaaruitvoere wat weer normaal kan voortgaan

Die Lesotho Times het onlangs berig dat die verbod op wol- en sybokhaaruitvoere deur Suid-Afrikaanse maatskappye, opgehef is. In die afgelope bykans 2 jaar, was die land se wolbedryf in sak en as omdat die tender aan ‘n Chinese individu die alleenreg gegee het om die uitvoere te behartig en…
12 Apr 2020 11PM 1 min

Tjoepie Groenewald, sosiale media ekspert van Farmboek, gesels vandag verder oor die nuwe era van tegnologie in boerdery

Ons gesels vandag verder met Tjoepie Groenewald van Farmboek oor hoe nuwe tegnologie drastiese aanpassings in die landbousektor teweeggebring het. Groenewald verduidelik dat landbouers hulself in ‘n nuwe era bevind waar kommunikasie heeltemal oornag verander het. Die huidige wyse van kommunikasie en tegnologie gaan in die toekoms waarde toevoeg tot…
9 Apr 2020 11PM 4 min

Oudergewoonte op ‘n Vrydag, deel Claude Moller met ons sy inspirasie vir die naweek

Claude Moller, die bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel vandag met ons sy inspirasie vir die naweek. Moller verduidelik die mooi en goeie verhale wat uit hierdie inperkingstyperk voortspruit. Daar is mense met nuwe planne, nuwe doelwitte en almal wend die ekstra tyd op ‘n ander manier…
9 Apr 2020 11PM 5 min

In vandag se landbounuus, gesels Eksteen Brand oor die sogenaamde “dieselplaag"

Eksteen Brand is ‘n bekende prosestegnologie-konsultant, verbonde aan die firma, Hydac in Johannesburg. Vandag gesels hy oor die sogenaamde dieselplaag, wat veroorsaak word deur bakteries soos mikro-organismes, swamme en giste en wat hoofsaaklik in diesel groei en ‘n tipe slyk vorm. Grootskaalse dieselverliese is dan die gevolg en landbouers kan…
8 Apr 2020 11PM 2 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gesels vandag oor die jongste markpryse

Die bekende NWU landbou-ekonoom en Uitvoerende Bestuurder van AMT, Dr Johnny vd Merwe, gee vandag die nuutste markpryse vir die vee- en graanbedryf en verskaf redes vir die verskil in syfers van verlede week. Die vraag van verbruikers is tans laag en daar is volgens van der Merwe ‘n ooraanbod…
7 Apr 2020 11PM 5 min

Frikkie Mare praat oor die alledaagse probleme waarmee boere tans worstel

Dr Frikkie Mare, bekende landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, fokus vandag op die alledaagse probleme waarmee boere in Suid-Afrika tans gekonfronteer word. Mare verduidelik dat daar binne landbougemeenskappe struikelblokke is wat oorkom moet word, maar word boere terselfdertyd blootgestel aan uitdagings soos finansies, kontantvloei, wisselkoerse, droogtes en ander…
6 Apr 2020 11PM 1 min

'n Opsomming van die naionale minimumloon

In ons landbounuus kyk ons vandag weer na ‘n opsomming van die naionale minimumloon, sowel as die minimumloon vir plaas- en huiswerkers. Ons verfris weer die geheue van luisteraars met die Departement van Indiensneming en Arbeid se minimumlone, soos van toepassing sedert 1 Maart. ‘n Hulplyn is ook nou beskikbaar…
5 Apr 2020 11PM 1 min
1800 – 1814