
Sosiale media veldtog geloots om produsente en verbruikers nader aan mekaar te bring
Loading player...
Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat (UV), gesels vandag verder oor die sosiale media veldtog wat onlangs geloods is om boere met landbouprodukte en die verbruikers, direk met mekaar te verbind. Dit is ook ‘n poging om die sogenaamde middelman uit te sny. Hy verwys na die probleme wat opduik in hierdie groepe omdat dit skielik ‘n advertensie-basis word vir heelwat ander nie-landbouprodukte. Volgens Mare is die grootste probleem dat verbruikers ‘n sekere produk aanvra, maar dat die produsent se afsetgebied baie ver daarvandaan is. Mare verwys verder na verskeie wanpersepsies wat oor boere en hulle produkte bestaan.