
Corona-virus het groot impak op die wolbedryf in China
Loading player...
Wool News berig dat die Coronavirus ‘n negatiewe invloed op die wolbedryf in China het, veral omdat wolfabrieke vir lang tye gesluit was. Die feit dat die publiek by die huis moes bly, het ook verbruikerspatrone in China geaffekteer. Die tekstielbedryf in die land het dit die meeste ontgeld. Die effek op die internasionale ekonomiese groei is egter nog onbekend. Plaaslik het die virus egter nie ‘n groot impak op die wolmark en veilings op die korttermyn gehad nie.