Dr Frikkie Mare gesels verder oor die verhouding tussen die produsent en die verbruiker

Loading player...
Senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, Dr Frikkie Mare, behandel vandag verder in sy weeklikse praatjie, die oproep in die sosiale media dat produsente en verbruikers nader aan mekaar moet beweeg en die sogenaamde middelman moet uitsny. Hy verduidelik die moontlike probleme wat kan ontstaan soos die gehalte waaraan eindprodukte moet voldoen en dat produsente dalk onnodiglik die blaam daarvoor sal moet dra. Mare verduidelik ook die konsep van koordinasie in die proses, soos byvoorbeeld prysbepaling en kommissie betrokke. Om die administratiewe proses vlot te laat verloop, sal ‘n derde persoon of middelman weer die koordinasie moet hanteer.
11 May 2020 11PM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes