Tjoepie Groenewald gesels vandag oor ‘n paar interessante tendens in die pekanneutbedryf.

Loading player...
Tjoepie Groenewald van Farmspace gesels oor die invloed van sosiale media op die huidige tydperk van inperking. Hy gee sy mening oor die rol wat tegnologie gaan speel in ‘n boerdery-opset in die toekoms. In vandag se aflewering fokus hy dan ook veral op die pekanneutbedryf en hulle markte. Pryse is besig om te daal, maar meeste boere verstaan nie hoekom nie, want selfs die waardeketting is normaal. Meeste neute word uitgevoer na China, maar baie van die verwerkers kry dit nie altyd reg deur hul produksiefinansiering om dadelik te betaal nie. Afslag wat aan China gebied word, word nie reg aangewend en versprei nie en met die rand/dollar wisselkoers, kry Suid-Afrikaanse produsente nie die regte waardes nie. Groenewald verduidelik en gee sy mening oor die probleme waarmee produsente in SA worstel.
21 May 2020 11PM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes