Nuwe tegnologie kan koeie se gedrag en bewegings dophou

Loading player...
Die nuusagentskap Dairy Global berig oor nuwe tegnologie in die Ierse suiwelbedryf wat koeie se gedrag en bewegings dophou. Die tegnologie wat vroeer vanjaar tot stand gekom het, kan koeie monitor en is veral gefokus op die bestuur van veevoer. Die tegnologie kan koeie se aktiwiteite tydens voerinname evalueer en hou die koeie 24 uur per dag dop en gee boodskappe deur wanneer voedingspraktyke aandag benodig. Dit gee aan suiwelprodusente ook die geleentheid om onmiddellike besluite te neem tydens hul daaglikse kuddebestuursprosesse.
12 May 2020 11PM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes