
Pieter Moller gesels met ‘n leierboer in die Noordwes Provinsie, Tom van Rooyen
Loading player...
Tom van Rooyen is ‘n leierboer van die Noordwes Provinsie, wat sedert 1990 op hul familieplaas sowat 23 kilometers uit Potchefstroom boer. Van Rooyen is ‘n gemengde boer, wat tot onlangs ‘n stoetteler van Boran-beeste was, maar nou hoofsaaklik fokus op gesaaides soos mielies, sojabone, voersorghum en sonneblomme. Hy vertel van die goeie vooruitsigte, veral nadat goeie reen in die distrik uitgesak het, party plekke tot op 1000 mm sedert die groeiseisoen in September verlede jaar begin het. Van Rooyen vertel ook van die Corona-virus se invloed op die landbousektor en plaaslike gemeenskappe. Hy verwys na die fokus wat geskuif het en die feit dat daar meer waardering vir die rol van landbouers is.