
Pieter Moller berig oor wettige olifantjag in Botswana
Loading player...
Botswana, waar die meeste olifante ter wereld aangetref word, het onlangs begin om veilings te hou vir die koop van lisensies om olifante wettig in die land te kan jag. Hoewel daar sekere beperkinge bestaan op die aantal olifante wat gejag mag word, is daar wyd gedebatteer deur veral diereliefhebber-organisasies, omdat die wet ingestel is slegs ‘n jaar nadat ‘n nuwe President aangestel is. President Masisi het die natuuraktivis, Ian Khama, vervang. Verder word ook berig dat China se wildboerderybedryf permanent stopgesit is.