
Eksteen Brand gesels vandag verder oor filters wat veral besproeingsboere se geld kan spaar.
Loading player...
Eksteen Brand, proses-tegnologie konsultant, gesels vandag verder in sy weeklikse praatjie oor filters in die suiglyn wat vir pomp-beskerming gebruik kan word en wat ‘n goeie filterkwaliteit kan handhaaf. Dit sluit aan by die praatjie oor die suigfiltrasie wat moontlik is en boonop veilig is vir die pomp. As daar sandpartikels in die pompe voorkom, kan dit lei tot groot skade en selfs vervanging van die pompe beteken. Brand verduidelik watter tipe filters aangewend kan word om skade te beperk en selfs heeltemal te voorkom. Die effektiwiteit van filtrasie is baie belangrik en Brand brei verder hieroor uit