OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,718 Episodes
1580 – 1600

PM berig oor die wisselvalligheid in die vraag na voer wereldwyd

Feed Navigator berig dat daar as gevolg van Covid-19, tans baie onsekerheid heers oor die toekomstige wereldwye vraag na voer. Die wydverspreide inperkings, sosiale afstandmaatreels en marksluitings lei tot ‘n groot afname in die verkope van voedseldienste en ‘n verlaagde vraag na vleis. Daar word ook voorspel dat internasionale voorrade…
23 Aug 2020 11PM 1 min

Landbou-ekonoom, dr Johnny van der Merwe, gesels oor die jongste vleis- en graanpryse

Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, gee weer die jongste kommoditeitspryse. Volgens Van der Merwe het die gemiddelde speenkalfprys hoog gebly teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Die verskuiwing na Vlak 2 van inperking, kan ‘n interessante effek uitoefen op die vark- en…
18 Aug 2020 11PM 3 min

Prof Waldo Krugel van die NWU gee ‘n ekonomiese oorsig oor die jongste tendense in die markte

Prof Waldo Krugel van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, is ‘n bekende ekonoom wat ‘n weeklikse oorsig gee oor die ekonomiese tendense in die markte. Krugel verduidelik die verandering tussen die verskillende vlakke van inperking. Die bestedingpatrone van verbruikers voor die inperking na sekere noodsaaklike goedere is ‘n interessante verskynsel…
18 Aug 2020 11PM 2 min

PM gesels met ‘n leierboer en merino-teler in die Bothaville-omgewing

Dit is vanjaar Hoffman se kudde, die Majobe-merinos, se 25 ste produksieveiling. Hoffman verduidelik wat hierdie jaar tydens die veiling verwag kan word en wat hierdie veiling uniek maak. Hy gee ook ‘n uiteensetting van die diere wat gelys is. Die veiling vind op sy plaas buite Bothaville plaas op…
16 Aug 2020 11PM 3 min

PM verduidelik vanoggend die term teelwaarde

Die term teelwaardes word dikwels gebruik in die veebedryf en vandag gee ons ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. Dit bly ‘n uiters waardevolle hulpmiddel in seleksie en teling van vleisbeeste. Die konsep van BULP word ook verduidelik. ‘n Dier se teelwaarde is in kort ‘n voorspelling van sy…
16 Aug 2020 11PM 1 min

Landbou-ekonoom, dr Johnny van der Merwe, gesels oor die jongste vleis- en graanpryse

Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, gee weer die jongste kommoditeitspryse. Volgens Van der Merwe het die gemiddelde slagprys ongeveer met 19% gestyg as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Meeste streekpryse van slaglammers het opwaarts gestyg. Wes-Vrystaatse pryse het die grootste dalings…
12 Aug 2020 11PM 3 min

Eksteen Brand se weeklikse praatjie oor tegnologie en besparings vir landbouers

Eksteen Brand is ‘n proses-tegnologie konsultant, wat sy kundigheid deel met landbouers. Vandag behandel hy verder die proses van kontaminasie in hidrouliese olie in sy reeks praatjies. Hy behandel vandag die vraag oor hoe water wat reeds in stelsels is, te verwyder. Volgens Brand is water absorberende praktyke belangrik om…
12 Aug 2020 11PM 3 min

Die bekende regskundige, Hans-Jurie Moolman, bespreek landelike veiligheid en beskerming van lewens

Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende regskenner van grondhervorming en –regte, bespreek vandag die bedreigings van veiligheid en beskerming van landelike gebiede. Moolman verwys na die verskillende omstandighede en die gevolge daarvan. Hy bespreek ook die konsep van “dodelike geweld”. Moolman gee ‘n verduideliking onder watter omstandighede sekere faktore ‘n rol speel…
10 Aug 2020 11PM 6 min

PM berig oor varkpes-getalle wat styg in Nigerië

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
9 Aug 2020 11PM 1 min

Landbou-ekonoom, dr Johnny van der Merwe, gesels oor die jongste vleis- en graanpryse.

Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, gee weer die jongste kommoditeitspryse. Van der Merwe vergelyk ook die sywaartse beweging van gemiddelde slagpryse van verskillende provinsies en merk op dat van die pryse met 17% gestyg het in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar…
5 Aug 2020 11PM 3 min

Eksteen Brand se weeklikse praatjie oor tegnologie en besparings vir landbouers.

Eksteen Brand is ‘n proses-tegnologie konsultant, wat sy kundigheid deel met landbouers. Vandag behandel hy verder die proses van kontaminasie in hidrouliese olie in sy reeks praatjies. Hy behandel ook die lewensverwagting van sekere implemente. Brand verduidelik die prosesse van hoe om kontaminasie te verhoed en gee ‘n uiteensetting van…
5 Aug 2020 11PM 3 min

Pieter Moller praat met ‘n bekende boer en sakeman van die Noordwes Provinsie

Johan van Rensburg, bekende sakeman van die ALS-groep en leierboer van die Noordwes Provinsie gesels vandag verder oor die belangrikheid van waardetoevoeging, veral in die wildbedryf. As gevolg van die internasionale verbod op reis, is die wildbedryf erg negatief geraak om finansieel te kan oorleef. Van Rensburg voel alternatiewe geleenthede…
2 Aug 2020 11PM 1 min

Moontlike verband tussen melk en borskanker

Volgens ‘n berig van Global News, het ‘n onlangse studie by die Universiteit van Alabama Birmingham, getoon dat vrouens wat gereeld melk drink, ‘n groter kans het om borskanker te ontwikkel. Die navorser, Prof Wendy Demark-Wahnefried, het egter beklemtoon dat dit slegs ‘n enkelstudie is en op waarnemings gegrond is…
2 Aug 2020 11PM 1 min

PM het ‘n besoek gebring aan ‘n leierboer van Noordwes, Johan van Rensburg

Johan van Rensburg is ‘n sakeman van die bekende ALS-groep en ‘n gemengde boer met belange in verskeie distrikte. Van Rensburg deel sy siening oor verskeie sake wat tans onder bespreking is en gee ‘n interessante perspektief op grondhervorming en die moontlikheid van grondonteiening sonder vergoeding. Die wildbedryf is vir…
30 Jul 2020 11PM 3 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers.

Claude Moller is ‘n lewensafrigter in die landbousektor wat sy inspirasie vir die naweek deel. Hy verwys veral na die steeds moeilike situasies en uitdagings waarmee die samelewing tans gedurende die inperkingstyd mee gekonfronteer word. Moller gee vandag ‘n perspektief oor die weldoeners tussen ons. Mense wat dit vir ander…
30 Jul 2020 11PM 4 min

Eksteen Brand gesels vandag oor oplossings vir die probleme van water in hidrouliese stelsels

Eksteen Brand is ‘n bekende proses-tegnoloog van Hydac in Johannesburg en vandag bespreek hy ‘n probleem waarmee baie landbouers, veral besproeingsboere opgeskeep sit, naamlik water in hidrouliese stelsels. Dit is ‘n komplekse probleem volgens hom en hy gee verskillende opsies van moontlike oplossings. Brand waarsku ook teen afgesperde openinge van…
29 Jul 2020 11PM 3 min

PM gesels met ‘n leierboer in die Potchefstroom-distrik, Johan van Rensburg

Johan van Rensburg is ‘n bekende sakeman van die ALS-groep en ‘n landbouer in onder andere die Potchefstroom-distrik. Van Rensburg vertel van sy boerderyvertakkings en gee ook ‘n interessante mening oor die wildbedryf en die uitdagings wat hulle tans beleef. Van Rensburg vertel ook van die impak wat die Covid-19…
28 Jul 2020 11PM 4 min
1580 – 1600