
PV: PM berig oor wolnuus uit Australie en New-Zeeland.
Loading player...
‘n Nuut-ontwikkelde program is in Wes-Australie van stapel gestuur om die veeleisende beroep van skaapskeer te vrywaar van beserings en ongelukke en om risikos te verminder. Die oogmerk van die program is ook om werkretensie te verhoog. Terselfdertyd word uit New-Zeeland berig dat daar ‘n toenemende vraag vanaf plaaslike en Amerikaanse verbruikers is vir die vervaardiging van meer woltapyte. Verkope het tydens die inperkings met byna 30% gegroei.