
Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige in die landbousektor, gesels vandag oor die sogenaamde vee “tags”.
Loading player...
Andre, oftewel Tjoepie Groenewald van FarmSpace, is ‘n bekende ekspert en kenner in sosiale media, veral in die landbousektor. Hy adviseer gereeld landbouers in die aanwending van nuwe tegnologie om hul boerdery en besighede makliker, en selfs eenvoudiger te bestuur. Verlede week het hy gesels oor netwerk en besighede en in hierdie praatjie fokus hy op vee “tags” en die verskeie soorte wat beskikbaar is en wat elkeen behels, van indiwiduele boere tot voerkrale.