
Cyril: PM berig oor nasionale en internasionale nuus uit die suiwelbedryf.
Loading player...
CRV het onlangs ‘n unieke teelwaarde bekendgestel. Hierdie teelwaarde sal die doelgerigte teling van koeie, wat voer meer doeltreffend in melk kan omskakel, moontlik maak. CRV meen ook dit is ‘n welkome toevoeging tot die bestaande teelwaardes. Intussen het die Internasionale Suiwelfederasie sy bulletin aangepas om veral die vervaardiging en verkoop van minderwaardige namaaksels te verhoed, aangesien dit gesondheidsrisikos vir verbruikers kan inhou.