
Berig oor die interessante boeredag en veiling in die Victoria-Wes distrik en hy gesels met Gawie Van Heerden
Loading player...
Gawie van Heerden is ‘n bekende merino-teler van die plaas, Dombietersfontein in die Victoria-Wes distrik in die Noordkaap. Hy is deel van die Konsortium-Merinogroep en hy vertel van die opwinding wat die 82 ste veiling en boeredag voorafgaan. Die Konsortiumgroep is welbekend in die buiteland en die handelsnaam is veral ook in Franse sportdrag bekend. Hy vertel meer oor landboutoestande in hulle distrik en wat verwag kan word by die boeredag op 18 Februarie.