OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,718 Episodes
1380 – 1400

Nuwe belangegroep wat deur SA Jagters gestig

Die SA Jagtersvereniging het ‘n nuwe belangegroep op die been gebring. Die belangegroep is vir wildlewebestuurders geskep nadat die behoefte by grondeienaars geidentifiseer is. Bestuursdienste wat beoog word, sluit in grondbodembeskerming, bewaring en verantwoordelike jag.
27 Apr 2021 11PM 1 min

PM gesels oor bontebokgetalle wat begin toeneem.

Bontebokgetalle is stadig aan die toeneem, na aanleiding van grootskaalse bewaringspogings. Bontebokke se getalle het in ‘n stadium so skerp gedaal as gevolg van oormatige jag in die 1600’s, dat slegs 22 bokke oorgebly het voordat die Bontebok Nasionale Park gestig is om hulle te beskerm. Tans is daar ongeveer…
27 Apr 2021 3AM 1 min

PM berig oor nuwe tegnologie vir wolnaspeurbaarheid.

Die Australiese wolbedryf sal moontlik binnekort die lewensreis van egte wolprodukte kan naspeur danksy nuwe tegnologie en vennootskappe. Verandering van eienaarskap van geselekteerde wol sal nagespeur kan word en geverifieer word.
26 Apr 2021 3AM 1 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
22 Apr 2021 11PM 3 min

Landbou-finansiering in die toekoms

Tjoepie Groenewald is ‘n kundige op die gebied van sosiale media. Hy behandel vandag ‘n baie interessante onderwerpvan landbou-finansiering in die toekoms.
22 Apr 2021 11PM 7 min

Leier jongboer van die Theunissen-distrik

JP du Toit is ‘n leier jongboer van die Theunissen-distrik in die Vrystaat wat hoofsaaklik met graan boer. Hy vertel van die huidige landboutoestande in hulle omgewing en voel dat dit werklik ‘n goeie seisoen is om na uit te sien. Volgens Du Toit was daar egter wel skade wat…
21 Apr 2021 11PM 2 min

DR Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week gestyg teenoor die Amerikaanse dollar. Vleispryse in die kouer dele van Suid-Afrika, is tans onder druk. Varkpryse het oor die algemeen gedaal, terwyl…
21 Apr 2021 2AM 4 min

PM berig oor ‘n interessante studie wat op skaaplammers gedoen is.

Die Universiteit van Bristol het onlangs in studies tot die gevolgtrekking gekom dat swaarder speenlammers maerder vleis lewer. Daar is dus ‘n duidelike verband gevind tussen die gewig van jong lammers en hul vleisgehalte. Skaapboere kan nou deur hierdie bevinding meer fokus op die vroee ontwikkeling van hul lammers.
21 Apr 2021 2AM 1 min

Dr Frikkie Mare oor die riskantheid van die landbousektor

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, bespreek vandag die invloed van risikos op die boerdery en gee advies vir landbouers om die verskil tussen onsekerheid en risikos te bepaal. Situasies wat onvoldoende kennis veroorsaak, het ‘n sekere gevolg en kan ‘n bepaalde uitkoms op die boerdery uitoefen. Risiko-planne,…
19 Apr 2021 11PM 3 min

Claude Moller se weeklikse inspirasie vir landbouers

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings oor gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Moller lig veral positiewe geleenthede uit wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
15 Apr 2021 11PM 3 min

Landbouskole en –kolleges nuus

Augsburg Landbou-gimnasium het ‘n nuwe skoolhoof aangestel en Cobus van Coller is baie opgewonde om sy pos op 1 Mei in te neem. Intussen vier Grootfontein Landboukollege naby Middelburg in die Kaap, hul 110de bestaansjaar. Die kollege is een van die oudstes in Suid-Afrika en konsentreer hoofsaaklik op kleinvee, soos…
15 Apr 2021 11PM 1 min

Charl Saunderson praat oor landboutoestande

Dele van Namakwaland en Boesmanland gaan al die afgelope 8 jaar gebuk onder ‘n groot droogte. Charl Saunderson is ‘n veeboer van die Kenhardt-distrik en hy vertel sy storie van uitdagings in ‘n harde en ongenaakbare wereld. Charl getuig ook van hulle diepe afhanklikheid van hul Hemelse Vader vir uitkoms…
14 Apr 2021 11PM 6 min

Suksesvolle suiwel-kampioenskap onlangs gehou

Agri Expo het onlangs ‘n baie suksesvolle suiwel-kampioenskap aangebied en ‘n rekordgetal inskrywings gelok. Byna 900 inskrywings van suiwelprodukte is ontvang en daarvan was nie minder 8 nuwe uitstallers. Die organiseerders reken ook da tom so ‘n kampioenskap te kan aanbied in uitdagende tye, is ‘n bewys dat die suiwelbedryf…
13 Apr 2021 10PM 1 min

Dr Johnny van der Merwe gee die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom van die NWU, Dr Johnny van der Merwe, noem dat die rand die afgelope week weer sywaarts teenoor die dollar beweeg het. Intussen het speenkalfpryse gestabiliseer . Stoorlampryse het effens gestyg. Hoenders se pryse het ook oor die algemeen gestyg. Intussen het tamaties se pryse baie gestyg tot…
13 Apr 2021 10PM 3 min

Regsaspekte van veldbrande

Hans-Jurie Moolman, bekende regskundige, gesels oor ‘n groot kommer by landbouers, naamlik veldbrande. Die Suid-Afrikaanse weergawe van die relevante gereguleerde wet, is die Nasionale Veld- en Bosbrandwet. Die bepaling van aanspreeklikheid is belangrik en brandbestrydingsverenigings se rol word uitgelig. Die maatreels om brande te bestry en die verantwoordelikhede van lede…
11 Apr 2021 11PM 4 min

Poultry news from all over the world

The Central Bank of Nigeria has decided to boost egg and meat production and create more jobs for Nigerians after food costs had risen by more than 75% last year and more than 10 million jobs which were put at risk. In the meantime did the global poultry market also…
11 Apr 2021 11PM 1 min
1380 – 1400