
PM lewer ‘n huldeblyk oor Koos Pienaar, die bekende Vrystaatse leierboer wat gister (Maandag) oorlede is.
Loading player...
Koos Pienaar was ‘n geliefde leierboer van die Theunissen-distrik wat veral bekend was in georganiseerde landboukringe as voorsitter van die Nasionale Melkprodusentevereniging. Pienaar was ook leier van die Afrika-organisasie vir suiwelprodusente en was bekend as ‘n mentor vir opkomende produsente. In sy plaaslike gemeenskap, Theunissen, het hy baanbrekerswerk verrig om die sakelui, munisipaliteit en ander gemeenskappe te laat saamwerk om ‘n ekonomiese oplewing te bewerkstellig.