OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,718 Episodes
1640 – 1660

Onlangse kansellasie van wolverkope in Australie.

Die nuusagentskap ABC-News berig dat ‘n kuberaanval onlangs verantwoordelik was vir die kansellasie van wolverkope in Australie. Die maatskappy wat verantwoordelik is vir die verkope van wol in Nieu-Zeeland en Australie, is gedreig met sogenaamde losprysware, wat onder andere insluit die bekendmaking van hul data of die blokkering van data…
14 Jun 2020 11PM 1 min

Pieter het ‘n bekende Beefmaster stoetery in die Wolmaransstad-distrik gaan besoek

Die Petana Beefmasters Stoetery in die Wolmaransstad-distrik van die Noordwes Provinsie, is ‘n bekende stoetery wat later vanjaar hulle 23 ste produksieveiling hou. Tydens ‘n besoek aan die plaas, het ons meer uitgevind oor waar die voorliefde vir die spesifieke ras ontstaan het. Die Koekemoer-familie, bestaande uit Peet Koekemoer (Snr),…
14 Jun 2020 11PM 5 min

Claude Moller se Inspirasie vir die naweek

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
11 Jun 2020 11PM 5 min

‘n Interessante landbou webinar word vanmiddag aangebied

Dr Johnny van der Merwe, landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit, gee ‘n voorskou van vanmiddag se landbou-webinar wat om 16:00 gaan plaasvind. Die webinar gee ‘n vooruitsig van markpryse in die graan-, sowel as in die vleisbedryf. Van der Merwe, wat ook Uitvoerende Bestuurder van AMT is, is wyd bekend…
9 Jun 2020 11PM 1 min

Thinus van Zijl vertel van ‘n baie interessante webinar vir jongboere wat plaasvind

Thinus van Zijl, Hoofbestuurder van Agri Gauteng, vertel vandag van ‘n baie interessante webinar wat vir jongboere aangebied word, met die tema “Water” en verskeie sub-temas wat wissel tussen volhoubaarheid, regulasies, skoon water en sanitasie. Die webinar vind volgende Vrydag plaas. Van Zijl gee ‘n uiteensetting van die program en…
9 Jun 2020 11PM 2 min

Dr Frikkie Mare van die Universiteit Vrystaat, gesels oor die toekoms na #Covid-19

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, voorspel hoe die ekonomie moontlik gaan uitsien in die toekoms na Covid19. Daar het alreeds verskeie veranderinge plaasgevind voor die pandemie, soos die voerkraalbedryf wat grootskaalse veranderinge hier plaaslik en oorsee ondergaan het. Hy is ook van mening dat verbruikersvoorkeure ook verander…
8 Jun 2020 11PM 1 min

Hans-Jurie Moolman praat oor die oprigting van strukture op plase

Hans-Jurie Moolman, bekende grondreg-kundige se onderwerp vandag is deesdae baie in die nuus en baie omstrede. Dit gaan oor die oprigting van strukture op plase. Alle plase is onderworpe aan die plaaslike munisipaliteite se wette en voorwaardes oor geboue en strukture se oprigting. Dit is duidelik dat alle oprigting van…
7 Jun 2020 11PM 3 min

Pieter Moller reports on the plight of bees in South Africa.

Farmbiz reports that according to the Agricultural Research Council, there are 2755 recorded bee species in sub-Saharan Africa. Of these, over 1000 are found in South Africa alone. According to the same report, these bees are mainly found in the Fynbos and Karoo areas. Bees play an important role in…
7 Jun 2020 11PM 2 min

Tjoepie Groenewald praat oor interessante, tegniese verbintenisse in die landbousektor.

Tjoepie Groenewald is ‘n sosiale media kundige in die landbousektor wat vandag praat oor die konsep van “connectivity”. Hy verduidelik wat is, volgens hom, die belangrike eienskappe van tegnologie op ‘n plaas wat sogenaamd “met mekaar praat”. Veiligheidsaspekte en genoeg data om toerusting soos kameras en radios te kan bestuur,…
4 Jun 2020 11PM 6 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers

Claude Moller is ‘n lewensafrigter in die landbousektor wat sy inspirasie vir die naweek deel. Hy verwys veral na die steeds moeilike situasies en uitdagings waarmee die samelewing gekonfronteer word tydens die inperkingstydperk en wat die kenmerke is van ‘n tipiese rol wat elkeen kan speel om die “oplossings” te…
4 Jun 2020 11PM 3 min

Eksteen Brand gesels oor outomatiese filters vir pompe in besproeiing

Eksteen Brand, proses-tegnologie konsultant van Hydac in Johannesburg, gesels vandag verder in sy weeklikse praatjie oor besparing vir landbouers by besproeiingsfilters. Vandag bespreek Brand waterverliese by outomatiese filters. Brand verduidelik die vlak van filtrasies en vloeitempo’s, asook verskillende element-tipes. Verstelbare spoeltyd is ook ‘n belangrike faktor wanneer keuses vir filters…
3 Jun 2020 11PM 5 min

Dr Johnny van der Merwe gee ‘n oorsig van vleispryse en -markte gee.

Dr Johnny van der Merwe gee ‘n vooruitskatting van vleispryse en -tendense in die wereldmarkte. Volgens hom varieer vleispryse tans redelik baie en hang dit af van die kwaliteit dier wat ‘n produsent het. Daar is meer diere in die mark as gevolg van die koue toestande, maar pryse kan…
2 Jun 2020 11PM 2 min

Vooruitskatting van graanpryse vir die onmiddellike toekoms

Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit en Hoof Uitvoerende Bestuurder van AMT, gee vandag ‘n oorsig en vooruitskatting van graanpryse wereldwyd. Volgens van der Merwe speel die “oopmaak” van die markte weer ‘n belangrike rol in die bepaling van huidige pryse. Hy meen dit is…
2 Jun 2020 11PM 1 min

Dr Frikkie Mare gesels oor pryse van speenkalwers en -lammers

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat , bespreek vandag speenkalf en -lammers se pryse en gee ook ‘n aanduiding van wanneer dit die beste tyd is om te verkoop. Mare verduidelik dat April- en Mei-maande gewoonlik bekend staan as speenmaande. Speenkalfpryse het effens verswak as gevolg van baie…
1 Jun 2020 11PM 1 min

‘n Nuwe tuiste vir die Bedreigde Natuurlewe-trust

Die Bedreigde Natuurlewe Trust, het ‘n nuwe tuiste in Midrand bekom. Die Bewaringskampus bied nie net ‘n tuiste vir personeel nie, maar ook vir diere van alle grotes. Die uitleg van die kampus is juis so ontwerp dat dit ook jongmense in staat kan stel om meer van die natuur…
31 May 2020 11PM 1 min

Talle hofsake tans op die boeke is oor Covid-19 regulasies

Vandag behandel Hans-Jurie Moolman, bekende grondreg-kundige, die huidige hofsake wat ontstaan het tydens die Covid-19 regulasies en die Rampbestuurswet. Die proses is egter tans gewikkel in ‘n hele paar hofsake, onder andere die gepastheid van die wet, wat onder baie min parlementere oorsig van toepassing gemaak is. Veskeie sake handel…
31 May 2020 11PM 4 min

Eksteen Brand gesels vandag verder oor filters vir pompe in besproeiing

Eksteen Brand, proses-tegnologie konsultant van Hydac in Johannesburg, gesels vandag verder in sy weeklikse praatjie oor besparing vir landbouers by besproeiing. Vandag bespreek Brand verder die verskillende filters wat op die mark beskikbaar is. Sommige element filters kan vir jare in gebruik wees sonder enige onderhoud. Selfspoelbeheer is een van…
27 May 2020 11PM 2 min

Pieter Moller berig oor wettige olifantjag in Botswana

Botswana, waar die meeste olifante ter wereld aangetref word, het onlangs begin om veilings te hou vir die koop van lisensies om olifante wettig in die land te kan jag. Hoewel daar sekere beperkinge bestaan op die aantal olifante wat gejag mag word, is daar wyd gedebatteer deur veral diereliefhebber-organisasies,…
26 May 2020 11PM 1 min
1640 – 1660