
PM het met die Hoof Uitvoerende Direkteur van Agri SA, Christo van der Rheede gepraat.
Loading player...
Christo van der Rheede, Hoof Uitvoerende Direkteur by Agri SA, was verlede week die gasspreker by die gala-afsluiting van die Bovelder Bees-studiegroep buite Harrismith. By hierdie geleentheid het hy ‘n klompie ernstige politieke kwessies wat die landbousektor raak, aangespreek. Hy het ook moontlike oplossings en uitdagings in die sektor uitgewys en landbouers se rol op grondvlak uitgespel. Volgens Van der Rheede moet landbouers betrokke raak in onder andere beinvloeding van besluitnemers, om hul eie toekoms te verseker.