
PM berig onder andere oor die vervoer van lewendehawe uit Botswana na Suid-Afrika en navorsing oor probleemdiere.
Loading player...
Die Ministerie van Landbou-ontwikkeling en Voedselsekerheid in Botswana, het onlangs bekendgemaak dat lewendehawe uit die land na Suid-Afrika uitgevoer mag word vir slagtings daar. Die vergunning het in Oktober in werking getree en duur tot die einde van die jaar. Verder word ook berig oor interessante navorsing wat ontwikkel is oor probleemdiere en ongediertes.