
Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Dr Johnny van der Merwe bespreek oudergewoonte die jongste kommoditeitspryse. Hy noem dat speenkalfpryse gestyg het en pryse by veilings ook sterk sal bly. Die goeie vraag vir vleis sal waarskynlik tot die einde van die jaar bly. Van der Merwe is van mening dat die goeie voerkraalpryse van vroeg vanjaar, kan ook ‘n invloed uitoefen op pryse na die einde van die jaar. Hoenderpryse het redelik dieselfde gebly. Eierpryse is op as gevolg van groot tekorte.