Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou, het die afgelope paar weke gesels oor biologiese landbou en die voordeel daarvan vir die bewaring vir die nageslag. Hy het onder andere verwys na die rehabilitasie van grond, saadbehandeling, fosfate en ander voordele van biologiese landbou. Vandag sluit hy…
Dr Johnny van der Merwe berig oor kommoditeitspryse en voorspel ‘n opwaartse neiging van speenkalfpryse. Pryse van ligter diere bly hoog. Stoorlampryse het egter gedaal as gevolg van swak koopkrag. Hoenderpryse het egter gestyg en varkpryse bly in ‘n opwaartse kurwe. Graanpryse het oor die algemeen dieselfde gebly, met sojapryse…
Die Universiteit van Sydney het interessante navorsing gedoen oor Generasie Z verbruikers en tot ‘n bevinding gekom dat 72% van hulle nie bereid is om gekweekte vleis te eet nie. Ten spyte van hul gebrek aan entoesiasme oor nuwe vleisalternatiewe, glo 41% dat dit wel ‘n lewensvatbare voedingsbron kan wees.
Dr Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels oor prysbewegings na die goeie reen wat in Sentraal-Suid-Afrika geval het. Daar heers steeds onsekerheid oor wat pryse gaan maak na die einde van die jaar se kant. Mare reken dit is nog egter te vroeg om voorspellings te maak…
Poeiermelk-ink is ‘n nuwe toevoeging tot unieke uitvindsels deur navorsers. Navorsers aan die Singapoer Universiteit van Tegnologie het ‘n 3D-drukmetode wat melk gebruik, ontwikkel. Die melk-inkformule uit poeiermelk, is gebruik om komplekse 3D-strukture suksesvol te vervaardig, volgens ‘n berig van Dairy Reporter.
Nampo se Oesfees wat jaarliks gedurende Mei-maand plaasvind, is vanjaar vir die eerste keer in die geskiedenis, as gevolg Van Covid-19, gekanselleer. Die Oesfees is daarna na Augustus verskuif, maar moes weer gekanselleer word en uiteindelik is ‘n virtuele skou gehou. Die organiseerders van die Nampo Oesfees, het egter intussen…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
President Ramaphosa het verlede week in sy landwye toespraak gevra vir ‘n veldtog oor geweld teen vroue en kinders en ‘n dag of wat daarna ‘n ondersoek aangevra oor moontlike rassisme by Brackenfell se skool. Terselfdertyd het drie wreedaardige plaasmoorde in die Vrystaat plaasgevind, maar die President en sy kabinet…
In Brittanje is onlangs gestem oor voedselinvoere wat aan binnelandse standaarde moes voldoen. Die welsynstandaarde van diere word in ag geneem en belangrike wetgewing in hierdie verband is aanvaar. Die stap word as ‘n groot oorwinning beskou vir dierewelsyn en ‘n teken van vertroue in Brittanje se boerderybedryf.
Dr Johnny van der Merwe berig oor kommoditeitspryse en voorspel ‘n afwaartse neiging van vleispryse. Stoorlampryse het ook gedaal as gevolg van swak koopkrag. Hoenderpryse het egter gestyg en varkpryse bly baie hoog. Soja-, sonneblomme en koringpryse het effens gestyg. Mieliepryse se daling is as gevolg van internasionale invloede. Beter…
Groot herbivore soos olifante en kameelperde kan die diversiteit en rykdom van die plantegroei om hulle ingrypend verander in hul soeke na kos. ‘n Onlangse studie deur ‘n groep wetenskaplikes in Kenia, het bevind dat hierdie soogdiere verkies om op plat grond te vreet en bergklim te vermy. Die aantal…
Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat veral in die landbousektor spesialiseer in grondreg. In hierdie opname egter, behandel hy, met die oog op die Kersvakansie wat om die draai is, die regsaanspreeklikheid wat voortvloei uit motorongelukke. Hy gee verskeie voorbeelde en adviseer luisteraars om die regte keuse uit te…
Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou, het verlede week gesels oor die rehabilitasie van grond en ander voordele van biologiese landbou. Vandag sluit hy daarby aan in sy praatjie oor saadbehandeling en fosfate.
Dr Johnny van der Merwe berig oor kommoditeitspryse en verduidelik hoekom wit en geelmielies se pryse gedaal het. Soja-, sonneblomme en koringpryse het effens gestyg. Mieliepryse se daling is as gevolg van internasionale invloede. Beter weersomstandighede in die VSA was ‘n verdere rede vir die daling van graanpryse. Die Rand…
Volgens ‘n verslag van die Amerikaanse Departement van Landbou, sal Kanadese kuddes waarskynlik in 2021 krimp. Daar word verwag dat die uitvoer van beeste en beesvleis gaan toeneem. Swak weidingstoestande in sommige streke kan ook lei tot ‘n daling in koeigetalle. Ons berig ook oor sekere kuns-sintuie wat aangewend word…
Olof Bergh is verbonde aan die Boland Landbouskool tussen Wellington en Paarl. Hy vertel van die unieke karakter van die skool wat vanjaar 58 jaar oud is. Die skool beskik slegs oor 350 leerlinge waarvan almal in die koshuis woonagtig is. Onderwysers en ander personeel bly almal op die plaasterrein…
Bakkies Botha, legendariese Springbokslot vertel van ‘n paar miloen rand wat ingesamel is vir boere wat swaarkry as gevolg van die brandskade in die Vrystaat en Noordkaap. Hy vertel oor onder andere, wat die uitwerking van die brande was en hoe voer en ook die vervoer daarvan ‘n uitdaging geword…
Dairy Global berig dat wereldwye melkproduksie styg skerp en sal na verwagting oor die volgende dekade vining toeneem. Hoewel die gemiddelde jaarlikse groei van wereldkuddes, groter as die wereldgemiddelde opbrengsgroei is, is die veranderde gemiddeldes die gevolg van kuddes in lande met relatiewe lae opbrengste wat vinniger groei. Afrika as…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
6 Nov 2020 1AM
2 min
1520 – 1540
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.