
Leier jongboer van die Theunissen-distrik
Loading player...
JP du Toit is ‘n leier jongboer van die Theunissen-distrik in die Vrystaat wat hoofsaaklik met graan boer. Hy vertel van die huidige landboutoestande in hulle omgewing en voel dat dit werklik ‘n goeie seisoen is om na uit te sien. Volgens Du Toit was daar egter wel skade wat deur te veel reen veroorsaak is en hy twyfel of die syfers wat deur die Nasionale Oesskattingskomitee voorspel is, ‘n werklikheid gaan word. JP is ook die naweek in die huwelik bevestig en hy vertel van sy en sy vrou se toekomsplanne