
Regsaspekte van veldbrande
Loading player...
Hans-Jurie Moolman, bekende regskundige, gesels oor ‘n groot kommer by landbouers, naamlik veldbrande. Die Suid-Afrikaanse weergawe van die relevante gereguleerde wet, is die Nasionale Veld- en Bosbrandwet. Die bepaling van aanspreeklikheid is belangrik en brandbestrydingsverenigings se rol word uitgelig. Die maatreels om brande te bestry en die verantwoordelikhede van lede van die verenigings, word uitgelig. Verspreiding en versuim van grondeienaars (se aanspreeklikheid) word ook deur die wet voorgeskryf.