
Jongste kommoditeitspryse - Dr Johnny vd Merwe
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week stabiel gebly teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse sowel as stoorlampryse het gestyg. Varkpryse het oor die algemeen verder gedaal, maar bokpryse styg as gevolg van goeie vraag. Wolpryse het intussen dieselfde tendens getoon.