OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,717 Episodes
1120 – 1140

PM gesels met Dr Johnny vd Merwe van die NWU oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand effens versterk in hierdie week teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers se pryse het stabiel gebly, maar veral in die Noordwes Provinsie gedaal. Stoorlammers se prys het ook effens…
8 Dec 2021 4AM 5 min

Dr Frikkie Maré, bekende senior landbou-ekonoom aan die Universiteit Vrystaat

Dr Frikkie Mare, bekende senior landbou-ekonoom aan die Universiteit Vrystaat, gesels vandag oor die ekonomie van die afgelope jaar, die jongste prysstygings en maak ook ‘n voorspelling vir die komende Kersseisoen. Volgens Mare behoort daar nie meer drasiese prysstygings voor te kom as in die verlede nie. Vleispryse behoort egter…
8 Dec 2021 4AM 3 min

Die bekende regskundige, Hans-Jurie Moolman gee advies oor familieboerdery

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat spesialiseer in grondreg en vandag bespreek hy die kwessie van familieboerdery en bates in ‘n trust. Hy gee ‘n uiteensetting van die verskillende vorms van boedels en bates in ‘n trust, veral wanneer ‘n persoon die duur kostes van boedelbelasting wil vermy.
6 Dec 2021 4AM 4 min

Claude Moller gee sy naweek inspirasie vir landbouers

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “We come to the Day”.
3 Dec 2021 1AM 4 min

Tjoepie Groenewald gesels oor lusern, spesiale toerusting en implemente op ‘n plaas

Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige in die landbou, is bekend vir sy videos en ander plasings op verskeie sosiale media platforms. Hy bespreek vandag interessante inligting oor implemente wat op ‘n plaas aangewend word. Hy gebruik die voorbeelde van lusern wat gebaal word en hoe effektief verskillende metodes toegepas kan…
3 Dec 2021 1AM 5 min

PM gesels met Dr Johnny vd Merwe van die NWU oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand baie verswak in hierdie week teenoor die Amerikaanse dollar, hoewel dit oor die naweek weer begin styg het. Speenkalwers se pryse het gestyg, veral in die Limpop Provinsie…
1 Dec 2021 4AM 5 min

PM berig oor nuus vir suiweltoetse met “groener voere”.

Die Britse maatskappy, Tesco, het onlangs met ‘n projesk begin waarin Britse melkprodusente subsidies ontvang om meer volhoubare, grasgebaseerde veevoer te verbou. Volgens die studies behoort mengsels van twee of meer spesies, opbrengste te kan verhoog onder sekere omstandighede.
29 Nov 2021 12AM 1 min

Claude Moller

Claude Moller se inspirasie vir die naweek.
26 Nov 2021 1AM 4 min

PM gesels met Dr Johnny vd Merwe van die NWU oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand baie verswak in hierdie week teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers se pryse het gestyg, veral in die Wes-Kaap en groter aanvraag kan dit steeds laat styg na die…
24 Nov 2021 5AM 6 min

PM gesels met Rouxan Cloete oor die beheer van parasiete en siektes

Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Cloete het verlede week gesels hoe om van insekte en wurms ontslae te raak op ‘n biologiese wyse. Cloete verduidelik vandag biologiese middels om parasiete soos lewerslak, luise, muskiete, vliee, ens uit te roei. Die immuunstelsel van die diere…
24 Nov 2021 5AM 2 min
1120 – 1140