
PM berig onder andere oor renosterstropery en vuurwapen-lisensies.
Loading player...
Die Department van Omgewingsake, Bosbou en Visserye berig dat renosterstropery op privaateiendomme toeneem. Die Krugerwildtuin is steeds die plek met die hoogste syfer van stropery. Intussen het die gesloer van meer as twee jaar met die hernuwing van bestaande vuurwapenlisensies, die uitreiking van bevoegdheidsertifikate en nuwe lisensies, die wildbedryf geknou. Jagters is gefrustreerd oor die lang wag en die kommerwekkende situaie maak die wildbedryf seer.