
PM berig oor logistieke probleme wat die Suid-Afrikaanse en Australiese wolbedryf ernstige skade berokken.
Loading player...
Volgens Woolnews.net, veroorsaak logistieke probleme by hawens in die Oos-Kaap dat die Suid-Afrikaanse en Australiese wolmarkte, ernstige skade ly. Die voortdurende verskepingsvertragings by die Port Elizabeth-hawe is die hoofoorsaak en dit raak al hoe moeiliker om normale aktiwiteite voort te sit. Hawe-opeenhoping en vervoerprobleme veroorsaak maandlange verskepingsvertragings en die aantal uitvoerders wat wol verhandel, is ook laer as verlede jaar.