OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,718 Episodes
1200 – 1220

Claude Moller gee sy naweek inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “Om ‘n slag deur jou masker te…
1 Oct 2021 1AM 3 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand hierdie week weer gestyg teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers het weer effens gestyg en slagpryse het sywaarts beweeg. Die gemiddelde stoorlampryse het gestabiliseer en effens gestyg. Hoendervleispryse het…
29 Sep 2021 2AM 3 min

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit gesels vandag oor veldbrande.

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom en senior dosent aan die Universiteit Vrystaat, gesels oor die effek van veldbrande en die vernietigende uitwerking daarvan op die landbousektor. Mare verduidelik dat voer dringend aangekoop moet word om diere wat sonder weiveld is, te red. Rampgebiede word nie gou genoeg verklaar nie en die…
28 Sep 2021 1AM 3 min

Claude Moller gee sy naweek inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “Ons sal vorentoe ook regkom”.
24 Sep 2021 2AM 5 min

Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige.

Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige in die landbou, bespreek vandag ‘n nuwe organisasie wat in die lewe geroep is om ‘n paar bedrywe bymekaar te bring. Die sogenaamde “groen agenda” kom ook ter sprake en Groenewald verduidelik ook die bedingingsmag wat een so ‘n organisasie kan vermag.
24 Sep 2021 2AM 4 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand hierdie week baie verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers het effens gestyg en slagpryse het sywaarts beweeg. Die gemiddelde stoorlampryse het effens gedaal. Hoendervleispryse het stadig opwaarts beweeg…
22 Sep 2021 4AM 5 min

Hans-Jurie, bekende regskundige praat vandag oor “sonde met die bure”

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat veral spesialiseer in grondreg. Vandag gesels hy oor ‘n interessante onderwerp, naamlik “ sonde met die bure” of ook in gegstaal uitgedruk as oorlas en “nuisance”. Hy vergelyk ook hofsake uit die verlede in hierdie verband. Moolman doen ‘n uiteensetting van die regsbeginsels…
20 Sep 2021 2AM 4 min

PM berig oor nuwe velsorgreekse uit skaapmelk.

‘n Tasmaanse skaapmelkery het ‘n reeks velsorgprodukte uit skaapmelk geloods. Dit is dan ook van die nuutste toevoegings tot ‘n reeks “ongewone” produkte, soos byvoorbeeld vodka uit skaapdikmelk. Die groot aantal plastiek wat ook in skoonheidsmiddels gebruik word, word vermy deur spesiaal ontwerpte keramiekhouers, waarin die verkillende rome verpak word.
20 Sep 2021 2AM 1 min

Claude Moller gee sy naweek inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “Ouma Emma, die kampioen”.
16 Sep 2021 10AM 4 min

Tjoepie Groenewald, die bekende sosiale media-kundige, bespreek vandag plantpopulasie by verskillende plantgewasse.

Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige in die landbou, bespreek vandag plantpoulasie by verskillende plantgewasse. Hy maak die onderskeid tussen meerjarige en eenjarige gewasse soos byvoorbeeld mielies, pekaneute, ens. Hy adviseer produsente wat is die risikos verus jou inkomste wat jy uit die gewasse gaan kry hy benadruk ook die belangrikheid…
16 Sep 2021 10AM 4 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU, gee die jongste kommoditeitspryse.

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand hierdie week stabiel gebly teenoor die Amerikaanse dollar. Slagpryse het effens gestyg. Varkvleispryse het stadig opwaarts geneig in die afgelope week en dit word voorspel dat vanaf September…
15 Sep 2021 2AM 6 min
1200 – 1220