
PM gesels met die bekende merino-teler van Victoria-Wes in die Noordkaap, Gawie van Heerden
Loading player...
Gawie van Heerden van Konsortium Merino, is ‘n bekende merino-teler van Victoria-Wes in die Noord-Kaap. Van Heerden vertel van die verandering in die veld se toestand na mildelike reen die afgelope paar maande uitgesak het. Volgens Van Heerden was die afgelope drie jaar veral vir boere in sekere dele van die provinsie, baie moeilik as gevolg van voortslepende droogtes, maar dat landbouers weer kan planne maak nadat die veld weer in ‘n lushof omskep is. Van Heerden vertel ook van Konsortium Merino se drie opwindende produksieveilings wat eersdaags plaasvind.