
Dr Johnny vd Merwe van die NWU gee die jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers weer skerp gestyg die afgelope week teenoor die Amerikaanse dollar en druk op graanpryse veroorsaak. Speenkalwers se pryse het ook steeds sywaarts beweeg. Afwaartse pryse word egter vir Februarie voorspel. Hoenderpryse het weer effens gestyg, terwyl varkvleispryse weer effens gedaal het. Verdere dalings kan in die toekoms verwag word. Bokpryse het intussen gedaal,. Wat graanpryse aan betref, is daar die afgelope week druk op pryse geplaas.