
Dr Johnny vd Merwe gesels met PM oor die jongste kommoditeitspryse
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers verswak oor die naweek, maar weer gestyg het vanaf Dinsdag teenoor die Amerikaanse dollar. Slagpryse het effens gestyg. Varkvleispryse het weer effens gedaal en verdere dalings kan in die toekoms verwag word. Bokpryse het intussen weer gedaal as gevolg van laer vraag. Wat graanpryse aan betref, is daar ‘n opwaartse neiging.