OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,814 Episodes
1080 – 1100

PM berig oor suiwelnuus van Sampro

‘n Verslag van die Mededingingskommissie is onlangs vrygestel en die gevolgtrekking is dat die konsentrasievlakke in die Suid-Afrikaanse melkverwerkingsbedryf kommerwekkend is. Daar is onder andere bevind dat mededingendheid van enige bedryfsrolspeler is nie staties is nie en lede kan vir verskeie redes, mettertyd meer of minder mededingend word.
29 Apr 2022 2AM 1 min

PM berig oor “koeivrye melk” wat onlangs bekendgestel is

‘n Nuwe suiwelproduk, “Betterland milk” is onlangs in Amerika vrygestel. Dit is ‘n tipe koeivrye melk wat egter dieselfde kook-, klits-, stoom-, skuim- en bakfunksies as gewone melk lewer. Die maatskappy, Perfect Day, eksperimenteer al die afgelope jaar met melkalternatiewes. Intussen het ‘n Deense vennootskap weer begin om die gesondheidsimpak…
28 Apr 2022 2AM 2 min

Hans-Jurie Moolman, 'n bekende regskundige

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat veral spesialiseer in grondregte. Hy behandel vandag regulasies en die sogenaamde goeie arbeidskode wat onlangs afgekondig is deur die Minister van Arbeid. Die belangrikste van hierdie arbeidskode, is dat werkgewers ‘n risiko-analise by die werksplek sal maak om die werksplek veilig te maak…
25 Apr 2022 3AM 5 min

PM berig oor uitvoere van lewendehawe uit Suid-Afrika na Kuwait wat gestaak is

Geen verskeping van lewendehawe uit Suid-Afrika, spesifiek vanaf die Oos-Londen hawe, het gedurende die eerste kwartaal van 2022 plaasgevind nie. Die Kuwait-voerkraal sal glo in die onmiddellike toekoms verdere aanvullings eerder uit Australie doen, aangesien daar steeds struikelblokke in die Suid-Afrikaanse lewendehawe-uitvoerbedryf bestaan.
25 Apr 2022 3AM 1 min

Agri-uur: 21 April, Nicol Jansen

Voortgesette swaar reën kan lei tot oesverliese in dele van die Noord-Kaap. Dit is volgens Nicol Jansen, die president van Agri Noord-Kaap. Hy het met OFM-nuus se Elsabé Richard hieroor gesels…
21 Apr 2022 3AM 4 min

PM berig oor ‘n stadige groei in organiese melkproduksie

'n Stadige groei in Amerikaanse melkproduksie is te wyte aan verskeie redes. Organiese melkproduksie by melkplase in die VSA moet aan verskeie regulasies voldoen om gesertifiseer te word en hul organiese status te behou. Hierdie en ander uitdagings maak dat produktiwiteit by organiese melkplase stadig afneem.
21 Apr 2022 2AM 1 min

Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers verswak het teenoor die Amerikaanse dollar. Oliepryse kan ook weer styg. Slagpryse geniet goeie ondersteuning al het die prys bietjie gedaal. Speenkalfpryse het weer verder gedaal hierdie maand…
20 Apr 2022 2AM 5 min

PM berig oor ‘n Australiese uitvindsel om veediefstal te bekamp

‘n Australiese universiteit, die Universiteit van New England, het ‘n meganisme ontwerp wat ‘n goeie teenvoeter vir veediefstal is. Die sonkragaangedrewe oorplaatjie wat aan vee geheg word, word beskou as ‘n groot deurbraak in landbouers se soeke na ‘n werkbare oplossing vir veediefstal. Die toestel is die eerste in die…
20 Apr 2022 2AM 1 min

Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat

Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, verduidelik die redes vir die jongste styging van vleispryse. Hy verduidelik ook die impak van die uitbraak van bek-en-klouseer op pryse. Hoewel beesvleispryse waarskynlik gaan daal in die winter, sal die aanvraag en aanbod deurslaggewend wees in die volgende…
19 Apr 2022 12AM 2 min

PM berig oor ‘n plangebaseerde filet wat eersdaags bekendgestel word

Juicy Marbles, ‘n voedseltegnologiemaatskappy in Slowakye, stel binnekort ‘n plantgebaseerde heelsnit filet bekend en die beperkte vrystelling sal aanvanklik 1000 pakke filette aan verbruikers beskikbaar stel. Die heelsnit met vetmarmering, is ‘n eerste in die bedryf. In ander nuus uit Suid-Afrika se buurland, word berig oor Namibiese slagbeeste wat afneem…
18 Apr 2022 2AM 1 min

Pieter Moller

PM gesels oor die aankondiging van die finaliste van SA se heel eerste Klimaatslim Ambassadeur.
14 Apr 2022 2AM 3 min
1080 – 1100