
Dr Johnny vd Merwe, bekende landbou-ekonoom
Loading player...
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies se pryse het effens gestyg hierdie week. Die verwagting is dat pryse verder kan styg in die komende paar weke as gevolg van groter vraag . Intussen het die swakker rand pryse van sojabone sowel as sonneblompryse effens laat styg. Koring- en grondboontjies se pryse toon ‘n effense daling van verlede week.