OFM Jou Lyf

Jou Lyf

Jou lyf – ‘n Afrikaanse Potgooi oor Gesondheid. In die digitale wêreld van vandag kan mens alle antwoorde op Google kry, maar kan jy dit in Afrikaans altyd suksesvol doen?
Nikki van der Linde, Babette Labuschagne en Dr. Karen Minnaar is hier om jou te help met die vroulike liggaam se raaisels. Ons gesels oor alles van menstruasie tot borskanker, en alles tussenin, wat jy dalk te skaam is om oor te praat of oor te vra. Dalk het jy ook nie altryd toegang tot ‘n profesionele mediese antwoord nie. Moenie verder soek nie. Jou Lyf is die potgooi wat al jou vrae sal beantwoord.
Occasionally Afrikaans South Africa Health & Fitness · Health & Fitness
22 Episodes
1 – 20

SEISOEN 2 Episode 7 Perimenopause

Perimenopouse is daardie soms verwarrende, soms frustrerende fase wat jare voor menopouse kan begin – en ja, dit is heeltemal werklik! Skielike buierigheid, onverklaarbare warm gloede, slapeloosheid, konsentrasieprobleme en selfs hartkloppings kan jou laat wonder of jy besig is om jou verstand te verloor. In hierdie episode praat ons oor…
13 Aug 12 min

SEISOEN 2 Episode 6 Kosmetiese chirurgie - Mooi of gevaarlik

Kosmetiese chirurgie is ’n onderwerp wat baie sterk menings uitlok – sommige sien dit as ’n wonderlike manier om selfvertroue te verhoog, terwyl ander bekommerd is oor die risiko’s en onrealistiese verwagtinge wat dit kan skep. Hierdie gesprek kyk eerlik na die werklikheid agter die “mooimaak”-prosedures: van die mediese gevare…
12 Aug 19 min

SEISOEN 2 Episode 5 PTSD ná ’n Narsistiese Verhouding

In hierdie episode het ons 'n spesiale gas Riaan Du Toit wat met ons gaan gesels oor PTSD. PTSD ná ’n narsistiese verhouding is ’n realiteit waarmee baie mense worstel, selfs lank nadat die verhouding geëindig het. ’n Narsis se manipulasie, gasligting en emosionele mishandeling kan jou selfbeeld en vertroue…
12 Aug 31 min

SEISOEN 2 Episode 4: Help! My hare val uit!

Haarverlies by vroue is meer algemeen as wat meeste mense besef, en dit kan om verskeie redes gebeur – van hormonale veranderinge en stres tot voedingstekorte en selfs genetika. ’n Mate van haarverlies is normaal, aangesien hare natuurlik deur groeisiklusse gaan, maar as jy skielik dunner hare, kaal kolle of…
11 Aug 11 min

SEISOEN 2 Episode 3: My dogter het begin menstrueer - Help!

Wanneer jou dogter haar eerste menstruasie kry, kan dit vir haar ’n groot en soms oorweldigende oomblik wees. Dit is belangrik dat ouers kalm, ondersteunend en positief reageer. Begin die gesprek op ’n natuurlike manier en gebruik eenvoudige, eerlike taal om te verduidelik wat in haar liggaam gebeur. Beklemtoon dat…
11 Aug 20 min

Seisoen 2 Episode 2: Menopause - Wat kan jy doen?

Menopouse is ’n natuurlike fase in elke vrou se lewe, maar die simptome – van warm gloede en slaapprobleme tot buierigheid en gewigstoename – kan soms uitdagend wees. Behandeling sluit dikwels hormoonvervangingsterapie (HVT) in, wat help om estrogeen- en progesteroonvlakke aan te vul en simptome te verlig. Dit is egter…
11 Aug 15 min

SEISOEN 2 Episode 1: Ozempic. Is dit vir jou?

In hierdie insiggewende episode duik ons diep in die wêreld van gewigsverliesmiddels, met spesifieke fokus op die bekende inspuiting, Ozempic. Ons onderskei tussen die bemarkingshype en die harde feite, en bespreek die mediese werking, newe-effekte en langtermyn-implikasies daarvan. Dr. Karen Minnaar verduidelik wat elke vrou moet weet voordat sy so…
11 Aug 14 min

Episode 15 Menopouse

Dis die natuur wat sy gang gaan. Bewapen jouself met die regte inligting wat die gang makliker begaanbaar maak.
20 Jul 2023 18 min

Episode 10 Alkohol Misbruik

In meeste lande is dit deel van kultuur om so ietsie in jou glas te geniet, maar wanneer gaan mens te vêr en hoe beïnvloed dit ons gesondheid?
20 Jul 2023 14 min

Episode 11 Voorbehoedmiddels

Een van die belangrikste episodes in die reeks want jou veiligheid en keuses is nie onderhandelbaar nie.
20 Jul 2023 15 min

Episode 14 Histerektomie

'n Baie interessante episode oor 'n baie persoonlike en belangrike besluit in elke vrou se lewe.
11 Jul 2023 11 min

Episode 13 Borskanker

In hierdie episode is ons gelukkig genoeg om met twee spesialiste te gesels. Soos altyd vergesel Dr. Karen Minnaar ons, maar Dr. Pierre Nel, 'n Mediese Offisier in Onkologie, maak ook 'n draai in Dr. Karen se praktyk. Hulle is gereed om al jou vrae te beantwoord.
11 Jul 2023 33 min

Episode 12 Borskanker 'Screening'

Moenie bang wees vir Jou Lyf nie. Dr. Karen vertel presies hoekom dit so belangrik is om selfondersoek te doen en hoe om saam met jou dokter seker te maak jy is veilig.
11 Jul 2023 20 min

Episode 6 Natuurlike geboorte

Daar is soveel maniere om 'n lewe in die wêreld te bring. Sit terug en laat Nikki, Babette en Dr. Karen verduidelik wat jou opsies is.
11 Jul 2023 25 min

Episode 8 Menstruasie siklus

Dit is veronderstel om algemene kennis te wees, maar jy sal verbaas wees hoeveel vrouens nie hulle siklus verstaan nie. Moenie bekommerd wees nie, die dames van Jou Lyf sal vinning help.
11 Jul 2023 14 min

Episode 7 Postpartum Depressie

Die episode handel oor Postpartum depressie en die dames van Jou Lyf Potgooi maak seker dat jy nie in die donker hoef te sit en jouself te bekommer nie.
11 Jul 2023 14 min

Episode 5 Miskraam

Een van die hartseerste en traumatiese gebeurtenisse in enige vrou se lewe. Hierdie episode fokus daarop nie om 'n miskraam te vereenvoudig nie, maar wel in verstaanbare terme te verduidelik.
11 Jul 2023 17 min

Episode 4 PCOS

Wat amper klink soos 'n vloekwoord is eintlik 'n baie behandelbare siekte waaroor Dr. Karen, Babette en Nikki jou vinning gaan gerusstel, deur al jou vrae te beantwoord.
11 Jul 2023 9 min

Episode 3 Endometriose

Soveel vrouens kry so swaar met die 'nie-so-seldsame' siekte. Kry al die antwoorde op die algemene en minder algemene vrae.
11 Jul 2023 19 min
1 – 20