OFM Jou Lyf

Jou Lyf

Jou lyf – ‘n Afrikaanse Potgooi oor Gesondheid. In die digitale wêreld van vandag kan mens alle antwoorde op Google kry, maar kan jy dit in Afrikaans altyd suksesvol doen?
Nikki van der Linde, Babette Labuschagne en Dr. Karen Minnaar is hier om jou te help met die vroulike liggaam se raaisels. Ons gesels oor alles van menstruasie tot borskanker, en alles tussenin, wat jy dalk te skaam is om oor te praat of oor te vra. Dalk het jy ook nie altryd toegang tot ‘n profesionele mediese antwoord nie. Moenie verder soek nie. Jou Lyf is die potgooi wat al jou vrae sal beantwoord.
Occasionally Afrikaans South Africa Health & Fitness · Health & Fitness
31 Episodes
20 – 31

Episode 13 Borskanker

In hierdie episode is ons gelukkig genoeg om met twee spesialiste te gesels. Soos altyd vergesel Dr. Karen Minnaar ons, maar Dr. Pierre Nel, 'n Mediese Offisier in Onkologie, maak ook 'n draai in Dr. Karen se praktyk. Hulle is gereed om al jou vrae te beantwoord.
11 Jul 2023 33 min

Episode 12 Borskanker 'Screening'

Moenie bang wees vir Jou Lyf nie. Dr. Karen vertel presies hoekom dit so belangrik is om selfondersoek te doen en hoe om saam met jou dokter seker te maak jy is veilig.
11 Jul 2023 20 min

Episode 6 Natuurlike geboorte

Daar is soveel maniere om 'n lewe in die wêreld te bring. Sit terug en laat Nikki, Babette en Dr. Karen verduidelik wat jou opsies is.
11 Jul 2023 25 min

Episode 8 Menstruasie siklus

Dit is veronderstel om algemene kennis te wees, maar jy sal verbaas wees hoeveel vrouens nie hulle siklus verstaan nie. Moenie bekommerd wees nie, die dames van Jou Lyf sal vinning help.
11 Jul 2023 14 min

Episode 7 Postpartum Depressie

Die episode handel oor Postpartum depressie en die dames van Jou Lyf Potgooi maak seker dat jy nie in die donker hoef te sit en jouself te bekommer nie.
11 Jul 2023 14 min

Episode 5 Miskraam

Een van die hartseerste en traumatiese gebeurtenisse in enige vrou se lewe. Hierdie episode fokus daarop nie om 'n miskraam te vereenvoudig nie, maar wel in verstaanbare terme te verduidelik.
11 Jul 2023 17 min

Episode 4 PCOS

Wat amper klink soos 'n vloekwoord is eintlik 'n baie behandelbare siekte waaroor Dr. Karen, Babette en Nikki jou vinning gaan gerusstel, deur al jou vrae te beantwoord.
11 Jul 2023 9 min

Episode 3 Endometriose

Soveel vrouens kry so swaar met die 'nie-so-seldsame' siekte. Kry al die antwoorde op die algemene en minder algemene vrae.
11 Jul 2023 19 min

Episode 2 STD

Niemand hou van siektes nie, nog minder die wat met jou skaamdele te doen het, maar niks om voor te skaam te wees hier nie. Die dames het die inligting om jou te red.
11 Jul 2023 16 min

Episode 1 Papsmeer

Een van die mees ongemaklikste kuiers by jou ginekoloog. Moet tog nie stres nie, die dames gaan jou deur alles help.
11 Jul 2023 14 min
20 – 31