
SEISOEN 2 Episode 9 Libido Laer as die Seevlak
Loading player...
’n Lae libido kan vir baie vroue frustrerend en verwarrend wees – veral omdat dit dikwels nie net ’n “hormoon-ding” is nie, maar ook met emosies, stres, verhoudings en selfbeeld saamhang. In hierdie episode gesels ons eerlik oor vroulike seksuele begeerte, hoekom dit met tye kan afneem, en hoe jou hormone, kop en hart in ’n fyn balans saamwerk. Ons kyk na moontlike oorsake, praktiese oplossings en hoe om met jou maat hieroor te praat sonder skaamte of skuld. Dit gaan oor selfbegrip, oop kommunikasie en die herontdekking van jou eie plesier.