Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Nampo-week het Vrydag 19 Mei geëindig na 4 dae en een van die terrein se bestuurders, Wim Venter vertel van die aktiwiteite vir die laaste paar dae en die rekord aantal besoekers wat die fees gedurende die eerste twee dae besoek het. Venter lig ook ‘n paar hoogtepunte uit. Hy…
Harm Duvenhage is ‘n derdejaar Landbou-ekonomie student aan die NWU se Potchefstroom-kampus. Hy was een van die duisende besoekers wat Nampo bygewoon het en vertel van sy gunsteling stalletjies en besoekpunte op die terrein. Duvenhage vertel ook van ‘n liefdadigheidsprojek waarby hy betrokke is en geld insamel vir ‘n Jool-projek.
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse, wat tans op die korttermyn onder groot druk is. Beide wit- en geelmielie se Julie-spotpryse het egter hierdie week verder gestyg. Sojaboonspotpryse het week-op-week weer skerp gedaal. Sonneblomspotpryse het egter weer effens opwaarts beweeg hierdie week…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het hewig verswak hierdie week meer waarskynlik as gevolg van die verhoudings met die VSA wat op ‘n laagtepunt is, asook as gevolg van die benarde elektrisiteitsprobleem. Beesvleis- en speenkalfpryse het effens gedaal, maar stoorlampryse…
Nampo is Suid-Afrika se grootste landbouskou en duisende besoekers gaan weer vanjaar die Nampo Feesterrein buite Bothaville besoek. Nampo is beslis ‘n vertoonvenster van Suid-Afrika se landbousektor op sy beste en besoekers kan weer uitsien na nuwe tegnologie, voertuie, implemente, vee en menig meer. Vir die dames is daar altyd…
Verlede jaar is Suid-Afrika se heel eerste Klimaatslim boer aangewys en die wenner van die kompetisie was James Faber, voorsitter van die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie en ‘n bekende produsent uit die Noord-Kaap. Vanjaar se kompetisie het groot belangstelling ontlok. Die projek identifiseer produsente wat klimaatslim metodes aanwend met passie op hulle…
Die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) van Suid-Afrika, is bekend vir die goeie opheffingswerk wat hulle doen onder opkomende- en kommunale boere. In samewerking met Agri Seta, het hulle onlangs begin met ‘n projek om 150 kommunale boere op te lei in aspekte soos die basiese beginsels van veeveebestuur, hantering en beskerming…
Veekundiges, Prof. Gareth Bath en Dokter Faffa Malan, het natuurlike wenke beskikbaar gestel teen die agtergrond van min entstowwe wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is, om bloutong by vee te verminder en te bekamp. Onder andere moet ongeregistreerde middels nie aangewend word nie en veral muggies moet vermy word.
Agri Expo het beskluit om voortaan te fokus op strategiese projekte, na herstruktureing onlangs. Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap is Suid-Afrika se oudste landbou-organisasie en resorteer nou onder Agri Expo. Daar is besluit om op vier strategiese sleutelprojekte te fokus. Verliese wat die afgelope twee jaar gely is as gevolg…
Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die nuutste vleispryse en -tendense en ook die rand/dollar wisselkoers, asook die invloed op die ekonomie en die landbousektor.
Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom, verbonde aan die Universiteit Vrystaat, gesels oor die afgelope week se goeie reen. Hy noem die feit dat ‘n El Nino-verskynsel voorspel word vir die volgende 2 tot 3 jaar en dat ondergemiddelde reënval vir daardie tydperk voorspel word. Om ‘n droogte te verhoed, is…
Vincent Pike van Ladybrand is verlede week aangewys as die streekwenner van die Jong Afslaerskompetisie in Bloemfontein en hy deel wat sy toekomsdrome is as jong afslaer.
Christopher Havenga, die hoofbestuuurder van die Boran-beestelersvereniging, was die afgelope week een van die beoordelaars van die Interras-bultoets by Bloemskou, wat vanjaar hul 140 ste bestaansjaar vier. Ongeveer 20 bulle het aan die kompetisie deelgeneem en Havenga vertel waarna beoordelaars veral kyk as weneienskappe van ‘n bul. Hy gee ook…
Hans-Jurie Moolman, grondreg kenner, gesels oor sekwestrasies en insolvensie en die wyses waarop skuld ingevorder word. Die inligting word gedeel na aanleiding van groot omstredenheid onlangs, toe landbougrond, vee, bates, ens deur sekere prosesse "teruggeneem" is en bewerings van onwettige aksies gemaak is. Moolman gee perspektief en die rol van…
Renosterstroping in Namibië het in die laaste jaar rekord hoë syfers gehaal, wat nie goeie nuus vir die wildbedryf van die land is nie. Die Namibiese toerismebedryf ly ook daaronder. Die meeste van die stropings het voorgekom in die Etosha gebied, wat die rede tot kommer vergroot het vir veiligheidsinstansies…
Die Fakulteit Veeartsenykunde by Onderstepoort het ‘n nuwe voerkraal benadering gevolg het deur studente in hul vyfde jaar bloot te stel aan skape se fisiese versorging. Skeinveilings en skaapskeer is deel van die modules oor voeding, kuddegesondheid en welsyn van die skape.
PM berig oor die wêreld se suiwelbedryf wat steeds kwyn. Japanese melkboere se getalle het die afgelope tyd ook drasties verminder.
27 Apr 2023 3AM
1 min
580 – 600
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.