OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,700 Episodes
560 – 580

PM berig oor ‘n suiwelmaatskappy wat deure open in wêreldmarkte

Sundale Schreiber se eerste besending suiwel uit die Coega-hawe is ‘n massiewe groeigeleentheid vir die melkvoorsieningsketting in Suid-Afrika. Meer as 2000 ton kaaskywe sal die hawe oor die volgende 15 maande verlaat. Die uitvoerooreenkoms open daarmee deure na wêreldwye handel van Suid-Afrikaanse suiwelprodukte, wat as een van die mededingendste ter…
12 Jun 2023 1AM 1 min

PM berig oor ‘n plantproteïen wat skape biologies kan skeer

‘n Nuwe deurbraak in skeermetodes, waaraan navorsing ongeveer $1,4 miljoen Australiese dollar bestee het, is pas bekend gemaak. Die fondse is bestee aan ‘n nuwe metode wat skape biologies kan skeer of ook genoem ontwolling. Die plantproteïen word in skape gespuit en die wol word dan in die vesel opgebreek,…
5 Jun 2023 1PM 1 min

Dr. Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr, Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse, wat tans op die korttermyn onder groot druk is. Beide wit- en geelmielie se Julie-spotpryse het hierdie week effens gestyg. Sojaboonspotpryse het week-op-week ook gestyg. Sonneblomspotpryse het egter gedaal hierdie week. Koringpryse, sowel as sorghum het…
31 May 2023 9AM 2 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het weer verswak hierdie week meer waarskynlik as gevolg van die verhoogde rentekoerse, asook die steeds volgehoue elektrisiteitskrisis. Beesvleis- en speenkalfpryse het steeds gedaal, maar behoort te stabiliseer en dalk begin styg. Plaaslike wolpryse is…
31 May 2023 9AM 5 min

PM berig oor ‘n interessante beesdag van Langspruit Boerevereniging naby Reitz

Die bekende Langspruit Boerevereniging naby Reitz, hou eersdaags ‘n gewilde Bees-inligtingsdag by die Reitz Bieliemielie Feesterrein. Daar is bekende sprekers in die beesbedryf wat gaan optree en interessante onderwerpe sal bespreek word. Die datum is 13 Junie 2023 en dit begin om 8:30 by die Feesterrein.
29 May 2023 2PM 1 min

PM berig ook uitdagings vir die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf

Hoenderinvoere van die Europese Unie is tans bykans tot ‘n stilstand gebring. Die Staat weier nog steeds om BTW-belasting van 15% op hoenderposies op te hef en die minder gegoede verbruiker in ons land word die ergste hierdeur geraak. Dit blyk ook nou dat voelgriep ‘n verdere negatiewe invloed op…
29 May 2023 2PM 1 min

PM berig oor groei in die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf

Daar is groei in die pluimveebedryf se bruto volumes ten spyte van plaaslike en wêreldwye uitdagings. Die afgelope drie jaar is pluimveeslagtings met 15% verbeter. Die sektor se grootste groei het vir ‘n dekade stilgestaan tot en met die ondertekening van die Pluimveesektor se meesterplan. Die beduidende groeikoers is te…
25 May 2023 11PM 1 min

PM berig oor Angora-veilings by die oudste stoeterye in die wêreld

Geskiedenis is onlangs gemaak toe die vier oudste stoeterye ter wêreld ‘n veiling vir angoras aangebied het by Wheatlands farm in die Graaff-Reinet distrik. Die vier stoeterye se ontstaandatums wissel van 1 849 tot 1 897. ‘n Bedrag van R80 000 was die prys wat vir die duurste ram betaal…
24 May 2023 2AM 1 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse, wat tans op die korttermyn onder groot druk is. Beide wit- en geelmielie se Julie-spotpryse het hierdie week gedaal. Sojaboonspotpryse het week-op-week weer skerp gedaal. Sonneblom spotpryse het egter sywaarts beweeg hierdie week. Koringpryse, sowel as…
24 May 2023 2AM 2 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het verder verswak hierdie week meer waarskynlik as gevolg van die verhoudings met die VSA wat op ‘n laagtepunt is, asook die volgehoue elektrisiteitskrisis. Beesvleis- en speenkalfpryse het effens gedaal, maar behoort te stabiliseer. Plaaslike…
24 May 2023 1AM 4 min

Prof. Frikkie Maré gesels vandag oor die reaksie oor speenkalfpryse se skielike daling

Prof. Frikkie Maré, bekende senior landbou-ekonoom, verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die reaksie oor die huidige speenkalfpryse wat drasties gedaal het, maar selfs stygings getoon het in ander dele. Die huidige ekonomiese krisis veroorsaak dat verbruikers nie duur vleis kan bekostig nie, en dit beteken noodwendig…
23 May 2023 2AM 2 min

PM berig oor ‘n inisiatief van SAAI om Zimbabwe-boere te help

SAAI, oftewel die Suid-Afrikaanse Agri Inisiatief, het onlangs aangekondig dat hulle sowat 600 van hul produsente van Zimbabwe gaan ondersteun om vergoeding te probeer kry. ‘n Hulpfonds is gestig om alternatiewe bronne te gebruik om van die fondse vir billike vergoeding, terug te kry.
22 May 2023 5AM 1 min
560 – 580