Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Opkomende wolboere in Sterkspruit het ‘n veeldoelige afdak van die Oos-Kaapse Departement van Landbou ontvang, ter waarde van R1 miljoen. Die opkomende boere ter sprake, moes voorheen hul skape in ‘n ou skuur skeer, wat ‘n negatiewe invloed op die gehalte van hul wol gehad het.
‘n Interessante Akademie is onlangs gestig en in die Noord-Kaap van stapel gestuur. Die bemarkingsbestuurder van die Vine Academy and Model Farm, of ook genoem die Wingerd-akademie, is in Kakamas op die been gebring en Beer vertel van die Akademie se ontstaan, wie kan aansoek doen om daar te studeer…
Francois Wilken is die President van Vrystaat Landbou en hy vertel onder meer hoekom dit belangrik is om aan georganiseerde landbou te behoort. Wilken verduidelik ook wat die afgelope tyd gebeur het met voorgestelde veranderinge aan die Waterwet en hoe dit landbouers en waterverbruikers raak. Hy verduidelik verder ook die…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse, wat hierdie week skerp gestyg het en weer later gedaal as gevolg van wisselende weerstoestande. Koring spotpryse het week-op-week ook gestyg. Sonneblomspotpryse het gedaal hierdie week, sowel as koringpryse.
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het verder verswak hierdie week, waarskynlik as gevolg van rentekoerse. Hierdie week het speenkalfpryse effens gestyg en behoort binnekort verder te begin styg. Wolpryse het effens gedaal, asook varkpryse, terwyl bokpryse gestyg het.
Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die jongste inflasiekoerse en die gevolge vir die landbousektor. Die aankondiging van die President van die Reserwebank dat rentekoerse steeds gaan styg, is rede tot kommer. Die vraag is hoe ver rentekoerse nog moet styg om verbruikers…
Hans-Jurie Moolman, 'n regskundige wat spesialiseer in grondregte, verduidelik die regte van grondeienaars wanneer aangrensende grond onwettig beset word. Die Staat het ‘n grondwetlike plig om aan inwoners behuising te verskaf. Ongelukkig is die regering dikwels nie in staat om dit te doen nie en is daar sekere gevolge.
Die Departement van Landbou het onlangs in die Wes-Kaap ‘n veiling vir volsruise aangebied en rekordpryse is behaal. 2 volstruise, ‘n manlike en vroulike paar, het onderskeidelik pryse van R26 000 en R41 000 behaal. Die gemiddelde pryse van volstruise het tussen R10 000 en R21000 behaal.
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse, wat hierdie week skerp gestyg het. Beide wit- en geelmielie se Juliespotpryse het hierdie week skerp gestyg. Sojaboon spotpryse het week-op-week ook gestyg. Weerstoestande in die VSA oefen tans die grootste druk op die goeie pryse…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het verder versterk hierdie week, waarskynlik as gevolg minder beurtkrag. Die vraag na beesvleis is steeds onder druk en daarom het speenkalfpryse steeds gedaal, maar behoort binnekort te stabiliseer en dalk te begin styg. Druk…
Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die nuwe rooivleis strategie wat onder andere onder besprekings was by ‘n paar bedryfskonferensies wat die afgelope paar weke gehou is. Die Red Meat Industries Services, ‘n nuwe organisasie wat die rooivleisbedryf verteenwoordig en wat aansoek gedoen…
Hans-Jurie Moolman, bekende regskundige wat spesialiseer in grondregte, verduidelik die voortgesette rol en huidige stand van arbeidsmakelaars in die landbousektor. Moolman verwys na die rol van arbeidsmakelaars by veral die skep van werk, asook die rol van tydelike- of seisoenswerkers. Moolman noem ook onder andere, dat baie afhang van die…
Nieu-Seeland se kweekhuisgasvoetspoor kan teen 2025 aansienlik verminder, nadat ‘n kapsule wat ‘n metaanonderdrukker bevat, vir beeste ontwikkel is. Die nuwe tablet word stadig in die ingewande van beeste vrygestel en kan metaangasvrystelling vir maande lank met tot 90% verminder. Die proewe is egter tans in hul beginstadium en nog…
‘n Melkverwerkingsaanleg in die Oos-Kaap, Woodlands Dairy, het onlangs groot deurbrake gemaak deur water te suiwer. Afvalwater word herwin by ‘n waterherwinningsaanleg. Hulle fokus op verminderde waterverbruik en beskerm die omgewing en verlede jaar is reeds 46% van Woodlands Dairy se afvalwater herwin.
Gerrit van Zyl is ‘n Bonsmara-teler van Dewetsdorp in die Suid-Vrystaat en het die afgelope paar jaar verskeie toekennings ontvang vir sy uitstekende teelmetodes van die Bonsmara-ras, asook vir bewaring van grond, weiding en veld. Van Zyl verduidelik hoekom hy glo, dat om met beeste te boer, nog ekonomies winsgewend…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse, wat tans op die korttermyn onder groot druk is. Beide wit- en geelmielie se Julie-spotpryse het hierdie week effens gedaal. Sojaboonspotpryse het week-op-week ook gedaal. Weerstoestande in die VSA oefen tans die grootste druk op pryse…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het baie versterk hierdie week, meer waarskynlik as gevolg minder beurtkrag. Beesvleis- en speenkalfpryse het steeds gedaal, maar behoort binnekort te stabiliseer en dalk te begin styg. Druk op produsente se kontantvloei is tans hoog…
Hans-Jurie Moolman, 'n regskundige wat spesialiseer in grondregte, verduidelik die rol van die CCMA en hoe toeganklik dit is vir werkgewers en werknemers. Hy verduidelik die rol wat dit vervul om dispute tussen partye op te los. Hy verduidelik ook die rol om bemiddeling en arbitrasie te gebruik om oplossings…
12 Jun 2023 1AM
4 min
540 – 560
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.