OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,698 Episodes
520 – 540

PM berig oor die agterstand in entstowwe in Suid-Afrika

Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) het hul eerste perskonferensie in sewe jaar gehou en het verklaar dat hulle nie alleen verantwoordelik gehou kan word vir die gesondheid van nasionale kudde nie, maar dat, volgens hulle, onlangse mediaberigte oor siekteuitbrekings , was misleidend. ‘n Nuwe navorsingsfasiliteit word tans ook deur die OBP…
20 Jul 2023 2AM 1 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmieliespotpryse het gestyg hierdie week. Sojapryse het week-op-week ook gedaal hierdie week. Sonneblomspotpryse het weer skerp gestyg hierdie week, maar koring se spotpryse het gedaal. Sorghumpryse het skerp gedaal. Die Graad 1 lusernpryse het…
19 Jul 2023 2AM 2 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het baie versterk hierdie week en Van der Merwe voorspel dat rentekoerse wel kan styg hierdie maand. Hierdie week het speenkalfpryse effens gedaal, maar behoort binnekort weer te begin styg. Stoorlammerpryse het intussen gedaal. Pyse…
19 Jul 2023 2AM 3 min

PM gesels met Christopher Havenga, hoofbestuurder van die Boran Beestelersgenootskap

Die Boran Beestelersgenootskap het die afgelope naweek hul jaarlikse dinee en nasionale veiling by Afridome, buite Parys gehou. Dit het ook saamgeval met die 20ste bestaansjaar en vieringe van die genootskap. Christopher Havenga, hoofbestuurder van die genootskap, vertel hoekom die ras so suksesvol is en hoekom daar so baie suksesvolle…
18 Jul 2023 1AM 3 min

PM gesels met Francois Smit, President van die Boran beestelersgenootskap

Die Boran Beestelersgenootskap het die afgelope naweek hulle 20-jarige bestaansvieringe gehou by die Afridome buite Parys. Die President van die genootskap, Francois Smit, vertel van hoogtepunte van die afgelope 20 jaar en verwys ook na die sterk bande wat die genootskap met produsente in Kenia opgebou het en die genetika…
17 Jul 2023 7AM 2 min

Pieter Moller berig oor ‘n Meester-student wat interessante navorsing gedoen het oor teenstropings-tegnologieë

‘n Interessante navorsingstudie deur Christelle Steyn, ‘n Meester-student aan die Universiteit Stellenbosch, het belangrike gevolgtrekkings gemaak vir die wildbedryf in SA. Sy het as deel van haar navorsing ‘n netwerksagteware-nabootser gebruik om ‘n hipotetiese netwerk van teenstropingstegnologie na te boots, wat in die bewaring van wildspesies soos renosters, olifante en…
13 Jul 2023 2AM 1 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmieliespotpryse het gedaal. Sojapryse het week-op-week ook gestyg. Sonneblomspotpryse het skerp gestyg hierdie week, sowel as koring se spotpryse, terwyl sorghumpryse het ook gestyg het. Die Graad 1 lusernpryse het intussen ook gestyg.
12 Jul 2023 2AM 2 min

PM berig oor ‘n wolverwerkingsfabriek, die grootste van sy soort in Europa

Europa se grootste wolverwerkingsfabriek, gaan binnekort in Romenie opgerig word. Volgens die nuusagentskap, Romania-Insider.com, sal dit kan realiseer danksy die ongeveer R750 miljoen in Suid-Afrikaanse terme, wat van die land se plaaslike beleggers in die Alt-gebied geskenk is. Die fondse word onder andere aangewend vir die verwerking van wol. Die…
11 Jul 2023 2AM 1 min

PM berig oor gesogte toekennings aan Birdlife SA

Birdlife SA het twee gesogte toekennings ontvang vir hul goeie werk in toerisme, soos gemeenskapsprojekte waar voorheen benadeelde gemeenskappe as natuurgidse opgelei is en ‘n belangrike taak verrig in die industrie.
10 Jul 2023 9AM 1 min

PM gesels met die hoofbestuurder van Vrystaat Landbou oor hul jaarlikse kongres

Gernie Botha is die hoofbestuurder van Vrystaat Landbou en hy vertel van die organisasie se jaarkongres wat in die eerste week van Augustus 2023 plaasvind. Botha gee inligting oor die tema, die datum en ‘n paar van die besprekingspunte. Hy noem ook ‘n klompie van die uitdagings waarmee georganiseerde landbou…
3 Jul 2023 2AM 1 min
520 – 540