Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Suid-Afrika se tweede Klimaatslim Ambassadeur is pas aangewys en die gesogte titel behoort vanjaar weer aan ‘n Noord-Kaapse boer. Piet Roux van Prieska, het vanjaar met die louere weggestap en is ‘n bekende in landboukringe. Roux volg in die spore van James Faber, bekende in die rooivleisbedryf, wat verlede jaar…
Die koste van beurtkrag het ‘n negatiewe invloed op die winsmarge van Suid-Afrika se grootste geïntigreerde pluimvee-maatskappy, Astral Foods Beperk vir die laaste 6 maande getoon. Die afname in syfers is grootliks as gevolg van die buitensporige bedrag van R741 miljoen wat aan beutkragkoste bestee is. Die braaikuikens moes langer…
Die Australiese wolbedryf werk baie hard om weer sake met China te doen. Dit kom nadat wolkontaminasie weer teengewerk word. China bly hul grootste mark en laasgenoemde was bekommerd oor die kontaminasie in wol wat verlaagde wolgehalte veroosaak.
Chris Malan is ‘n bekende landboukundige bestuurder met meer as 30 jaar ondervinding in die besproeingsbedryf. Hy vertel, tydens sy besoek aan Noord-Kaapse landbouers, wat die uitdagings in die bedryf is en ook interessante feite oor nuwe tegnologie wat tans toegepas word.
Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die pas afgelope jaarkongres van Vrystaat Landbou. Maré vul aan by die tema van vanjaar “Hoe vul ons die vakuum”. Hy noem die innoverende gedagtes van landbouers om self iets aan hulle situasie te doen, soos byvoorbeeld…
In Brasilië het ‘n sog ‘n vreemde rekord opgestel deur geboorte te skenk aan 41 varkies. Die een enkele werpsel van 41 varkies is baie meer as die gemiddelde getal van 12 varkies. Die geboorte was ‘n byna 5-uur prosedure. Die vorige rekord was 26 varkies van een sog.
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Beide wit- en geelmieliespotpryse het gedaal. Sojapryse het week-op-week ook skerp gedaal hierdie week. As dit begin reen in die VSA, kan dit ook ‘n invloed uitoefen. Sonneblomspotpryse het weer skerp gedaal hierdie week, en koringspotpryse…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het steeds sterk gebly hierdie week en Van der Merwe voorspel dat rentekoerse veral in Europa onveranderd kan bly. Hierdie week het speenkalfpryse effens gestyg, maar behoort binnekort weer bietjie te begin styg. Stoorlammerpryse het…
Wilhelmus van der Schyff en sy broer, CJ, is bekende Beefmaster-beestelers tussen Soutpan en Bultfontein in die Vrystaat en word as leiers in die beesbedryf beskou. Wilhelmus verduidelik waarom hulle op die Beefmaster-ras besluit het en hoekom die ras so gesog in sekere dele van Suid-Afrika is, veral as gevolg…
Die protokol vir die uitvoer van lewendehawe is onlangs aangepas en riglyne, veral vir die vervoer van diere per skip. Suid-Afrika se veepryse is tans laer as die wêreldnorm en hierdie stappe kan help om veeprodusente se winsmarge te verhoog.
Die bekende wild- en renosterbewaarder, John Hume, het onlangs sy renosterplaas van meer as 21 000 hektaar onder die hamer gesit, maar die plaas met meer as 2 000 witrenosters, het geen bod opgelewer nie. Die plaas se renosterkudde maak meer as 12% van die wêreld se witrenosterbevolking uit. Hume…
Quentin De Bruyn, is a top Boran cattle breeder from Ladybrand in the Free State and was again honoured for his achievements at last weekend’s national auction and annual prize-giving of the Boran Cattle breeders society. De Bruyn shares his success story and says his award is purely from the…
Suzy O’Regan, ‘n suiwelspesialis by Woolworths Food, is onlangs vereer vir haar uitsonderlike bydrae tot die suiwelbedryf. Sy is al meer as 20 jaar ‘n beoordelaar by die SA Suiwelkampioenskappe en is ook ‘n lid van die sogenaamde Super Jury van internasionaal-erkende kundiges by die Wêreldkaastoekennings. Slegs nege individue is…
Die jaarlikse Cleaver-toekennings het onlangs die beste plaaslike slaghuise regoor Suid-Afrika vereer. Dit is ook ‘n Rooivleisbedryfsforum inisiatief en was die 18de jaar wat die toekennings gemaak is. In Sentraal-SA was West End Vleismark in Kimberley die enigste slaghuis wat hier tussen die wenners aangewys is.
21 Jul 2023 2AM
1 min
500 – 520
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.