OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,701 Episodes
600 – 620

Dr Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se graanpryse, wat tans onder groot druk is. Pryse het weer skerp gedaal. Beide wit- en geelmielie se Julie-spotpryse het hierdie week oor verder gedaal. Sojaboonspotpryse het week-op-week weer skerp gedaal. Sonneblomspotpryse het ook weer afwaarts beweeg hierdie week…
25 Apr 2023 11PM 2 min

Dr Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het effens versterk hierdie week. Die vraag na energie word tans negatief beïnvloed. Beesvleis- en speenkalfpryse het effens gedaal. Karkaspryse het hier effens teruggesak. Plaaslike wolpryse het ook weer positief gereageer. Varkvleispryse het effens gedaal…
25 Apr 2023 11PM 4 min

PM berig oor die belangrike faktor van voeding by veeproduksie

Vleisbeesvoeding vir die ondersteuning van vleisbeesproduksie, is baie belangrik vir die suksesvolle reproduksie in die bedryf. Volgens die Universiteit van Pretoria se Veeartseny Fakulteit is daar verskeie faktore wat die sukses van reproduksie bepaal en is protein, energie fosfaat en minerale nodig vir die beste onderhoud en laktasie.
24 Apr 2023 2AM 2 min

PM berig kortliks oor die landbou-afdeling van Bloemskou wat hierdie week begin

Bloemskou is vanjaar 140 jaar oud en dit het ontstaan as ‘n landbouskou, wat vanjaar weer meer as 6000 stuks vee trek. Verskeie Nasionale- en ander kampioenskappe gaan vanjaar weer plaasvind tussen 27 April tot 6 Mei. Van Arabier- en skouperde tot verskeie bees- en skaaprasse se kampioenskappe, vind weer…
24 Apr 2023 2AM 1 min

PM berig oor ‘n songedrewe bokhaar-pakhuis

The House of Fibre is die eerste totaal sonkrag-afhanklike pakhuis en die nuwe gebou beslaan 13 000 vierkante meter. Saam met die bokhaar van Lesotho, die tweede grootste bokhaarprodusente in die wêreld, word 40% van bokhaarskeersel ter wereld hier verwerk.
20 Apr 2023 2AM 2 min

Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse, wat tans onder groot druk is. Pryse het skerp gedaal. Beide wit- en geelmieliespotpryse het hierdie week verder gedaal. Sojaboonspotpryse het week-op-week weer skerp gedaal. Meer sojas as mielies kan hierdie seisoen geplant word. Sonneblomspotpryse het…
19 Apr 2023 4AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het effens verswak hierdie week. Beesvleis- en speenkalfpryse het effens gestyg. Stoorlammers en karkaspryse het effens gestyg. Produsente melkprys het effens gestyg. Plaaslike wolpryse het ook weer verder gestyg. Hoendervleispryse het ook effens gestyg en…
19 Apr 2023 3AM 4 min

Pieter Moller praat oor die Suid-Afrikaanse varkbedryf

Alle syfers wys 'n opwaartse kurwe en groei wat vir die Suid-Afrikaanse varkbedryf voorspel word. Varkproduksie het alreeds verlede jaar met 9,2% gestyg. 'n Ooreenkoms tussen die SA Varkprodusente Vereniging en die ouditeure, PwC, is ook gesluit om meer stukrag te verleen aan belangrike transaksies.
13 Apr 2023 4AM 1 min

PM gesels met ‘n bekende wildteler, Jacques Kriek

Jacques Kriek is ‘n wildteler en hy verduidelik hoe die wildbedryf deur moeilike fases gegaan het met Covid-beperkings. Die feit dat oorsese jagters nie in Suid-Afrika kon jag nie, het veroorsaak dat die bedryf groot verliese gely het. Vanjaar stroom die oorsese jagters weer in en daar is selfs ‘n…
6 Apr 2023 9AM 6 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse, wat tans onder groot druk is. Pryse het skerp gedaal. Beide wit- en geelmielie-spotpryse het hierdie week verder gedaal. Sojaboonspotpryse het week-op-week skerp gedaal. Meer sojabone as mielies kan hierdie seisoen geplant word. Sonneblom spotpryse het…
5 Apr 2023 2AM 2 min

PM berig onder andere oor renoster-stropers wat lang tronkstrawwe moet uitdien

Twee Mosambiekse burgers sal swaar strawwe van 18 jaar tronkstraf elk moet uitdien nadat hulle skuldig bevind is toe hulle met ‘n onwettige renosterkarkas in hulle besit betrap is en ook onwettige vuurwapens. Die ondersoekspan is agterna geloof vir hulle goeie werk om die skuldiges aan die pen te laat…
3 Apr 2023 3AM 2 min

PM berig oor die onlangse statistieke oor sybokhaarskeersels

Die sybokhaarbedryf het hulle jongste syfers en statistiek bekend gemaak, asook die persentasie verdeling tussen kleinbokkies, jongbokke, fyn volwassenes en sterk volwassenes. Die effens sterker skeersel is waarskynlik te wyte aan beter reenval, wat beter veld en kos vir die bokke beteken.
3 Apr 2023 2AM 1 min
600 – 620