
PM berig oor goeie nuus vir die wildbedryf in Suid-Afrika
Loading player...
Daar is goeie nuus vir die wildbedryf in Suid-Afrika, veral vir die KwaZulu-Natal provinsie. Nadat olifante vir bykans 150 jaar afwesig was in die Babanango-gebied van die provinsie, is wilde olifante onlangs na die 20 000 hektaar-gebied teruggebring. Die reservaat het weer 16 olifante gevestig en daar is groot hoop dat die klein teeltrop hulleself weer sal laat geld.