OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,704 Episodes
620 – 640

PM berig onder andere oor renoster-stropers wat lang tronkstrawwe moet uitdien

Twee Mosambiekse burgers sal swaar strawwe van 18 jaar tronkstraf elk moet uitdien nadat hulle skuldig bevind is toe hulle met ‘n onwettige renosterkarkas in hulle besit betrap is en ook onwettige vuurwapens. Die ondersoekspan is agterna geloof vir hulle goeie werk om die skuldiges aan die pen te laat…
3 Apr 2023 3AM 2 min

PM berig oor die onlangse statistieke oor sybokhaarskeersels

Die sybokhaarbedryf het hulle jongste syfers en statistiek bekend gemaak, asook die persentasie verdeling tussen kleinbokkies, jongbokke, fyn volwassenes en sterk volwassenes. Die effens sterker skeersel is waarskynlik te wyte aan beter reenval, wat beter veld en kos vir die bokke beteken.
3 Apr 2023 2AM 1 min

PM berig oor Britse vleisuitvoerders wat na die VSA begin kyk vir groei

Rooivleisuitvoerders wil die VSA besoek in die hoop om Amerika as ‘n nuwe uitvoerkliënt te identifiseer om groei in die bedryf te bewerkstellig. Die jaarlikse vleiskongres in Amerika vind tans plaas en goeie Briste rooivleis- en varkvleisprodukte gaan aan voornemende Amerikaanse kopers bekend gestel word in die soeke na nuwe…
30 Mar 2023 2AM 1 min

PM berig oor beter suiwelpryse vir Australiese produsente

Die supermark reus, Coles, het besluit om beter vergoeding aan produsente te bied, wat tot 22c per kilogram meer uitwerk as die huidige pryse. Coles het middel Januarie aangekondig dat hulle die pryse van suiwelprodukte gaan verlaag tot by die Paasnaweek, sodat die verhoogde inkomste produsente kan verseker van beter…
30 Mar 2023 2AM 1 min

PM berig oor Franse entstowwe teen voëlgriep

Frankryk se Ministerie van Landbou is in afwagting van uitslae oor die inenting teen voëlgriep. Inentingsproewe is oor ‘n groot deel van Frankryk gedoen om die siekte te voorkom en te beheer. Volgens die ministerie word alles moontlik gedoen om die siekte spoedig te bekamp.
26 Mar 2023 3PM 1 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Beide wit- en geelmielie se spotpryse het hierdie week gestabiliseer. Spotpryse kan weer styg. Sojaboonspotpryse het week-op-week ook gedaal. Sonneblomspotpryse het teruggesak hierdie week. Koringpryse, sowel as sorghum het gedaal hierdie week.
22 Mar 2023 12AM 2 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die waarde van die rand het effens gestyg. Beesvleis- en speenkalfpryse het effens gestyg. Slagpryse kan opwaarts beweeg na Paasnaweek. Stoorlammers se pryse het ook verder gestyg. Slagpryse kan steeds onder druk bly. Wolpryse het ook gestyg…
22 Mar 2023 12AM 3 min

Prof. Frikkie Maré van die UV gesels oor die uitdagings in die vleisbedryf

Senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, Prof. Frikkie Maré, gesels oor die daling van speenkalf- en karkaspryse en die moontlike redes daarvoor. Maré verduidelik dat produsente oor die laaste 3 jaar weer aan hulle kuddes gebou het en dat baie faktore druk uitoefen op verbruikers en produsente. Hy verwys na…
21 Mar 2023 12PM 5 min

Dr. Johnny vd Merwe, landbou-ekonoom, gesels oor kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Beide wit- en geelmielie se spotpryse het hierdie week weer gedaal. Sojaboonspotpryse het ook gedaal. Sonneblomspotpryse het weer gestyg hierdie week. Koringpryse het gedaal terwyl sorghum gestyg het.
15 Mar 2023 4AM 2 min
620 – 640