Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Senior landbou-ekonoom, dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die waarde van die rand het effens gestyg. Beesvleis- en speenkalfpryse het gedaal. Stoorlammers se pryse het gestyg. Dit bly duurder om produkte by verbruikers uit te kry as gevolg van faktore soos die energiekrisis, swak infrastruktuur,…
Senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, Prof. Frikkie Maré, gesels oor die ekonomiese groeisyfers wat pas deur Statistieke SA bekendgemaak is. Die inflasiesyfers het net verder opwaarts geklim en dit beteken dat ‘n resessie binnekort ‘n harde werklikheid is. Die syfers vir landbou is dus nie rooskleurig nie. Beleggersvertroue word…
Hans-Jurie Moolman, regskundige wat spesialiseer in grondregte, verduidelik dat werkgewers ‘n verpligting het om werknemers te registreer vir die Wet op Beroepsveiligheid. Die Wet het ten doel om ‘n veilige werksplek te waarborg. Werkers kan onder verskeie omstandighede blootgestel word aan risko's. Dit sluit in beserings aan diens, beserings of…
Die geweldige groei in syfers van Zimbabwe se olifantbevolking, bring ernstige ekologiese probleme vir die wildbedryf van die land se nasionale parke. Ongeveer 30 000 olifante sal in die onmiddellike toekoms moet uitgedun word. Ongeveer 100 000 olifante is tans op sowat vyf miljoen hektaar en die land se minister…
Statistiek oor produktiwiteit by suiwelplase in Brittanje, is kommerwekkend. Britse melkplase toon ‘n afname terwyl ander wêrelddele weer ‘n toename getoon het. In bekende suiweluitvoer lande, soos Denemarke en België, het die produktiwiteit egter gestyg. Die data is geneem by ‘n tipiese melkplaas met ‘n ongeveer 160 koeikudde.
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Beide wit- en geelmielies se spotpryse het hierdie week gedaal en terselfdertyd gestabiliseer. Sojaboon spotpryse het ook gedaal. Sonneblom spotpryse het skerp gestyg. Koringpryse het ook gedaal en Rusland het ‘n groot invloed op pryse tans…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week weer verswak teenoor die Amerikaanse dollar met die rentekoerse wat die grootste faktor is. Eskom speel hier ook ‘n beslissende faktor. Speenkalfpryse het gedaal en slagpryse het gestabiliseer. Melkpryse het stabiel…
Onlangse persoonlikheidstoetse is op 87 koeie gedoen om vas te stel of koeie meer melk produseer as hulle kalmer is. Die navorsing het getoon dat koeie wat skrikkerig vir mense is, minder gerus en herkou het, teenoor koeie wat meer nuuskierig was en langer gewei het. Dit het tot gevolg…
‘n Wêreldwye vraag na beesvleis is onder druk. Die verbruik van vleis oor die wêreld heen is sedert die Covid-19 pandemie onder druk en het verkope daarvan skerp verlaag. Vleisverkope het ‘n laagtepunt bereik as gevolg van die swak ekonomie en ander faktore. Brasilië, VSA en Argentinië is die beste…
‘n Unkieke Suid-Afrikaanse dieregesondheid akademie het onlangs tot stand gekom. Die akademie, wat ‘n eerste vir Suid-Afrika is, sal virtueel van aard wees. Die formeel, geakrediteerde akademie sal praktiese dieregesondheid as opleidingsmodel voorhou asook biosekuriteitskwalifikasies kan toeken.
Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers.
Astral Foods Bpk het hul syfers bekendgemaak oor die braaikuikenafdeling se groot verliese as gevolg van faktore soos verdienste per aandeel en na aanleiding van beurtkrag. Tussen R300 miljoen en R400 miljoen se verliese word voorspel. Voorspellings is verder dat verdienste per aandeel tot soveel as 90% kan daal.
Die Nieu-Seelandse regering beplan om boere met landbou kweekhuisgasvrystellings, teen begin van 2025, te belas. Daar word beplan om metaangasvrystellings met ten minste 10% te verminder teen 2030. Ook in Kenia is daar wyd navorsing gedoen om metaangasse te verminder.
Senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, Prof Frikkie Maré, gesels oor voedselsekerheid. Hy verduidelik die konsep en brei verder uit oor die vraag hoekom Suid-Afrika landbouprodukte uitvoer na ander lande toe en hoekom nie eerder die produkte plaaslik en binnelands hou nie, eerder as dat dit prysvlakke verhoog.
Die Chinese varkbedryf het nuwe hoogtes bereik met twee wolkekrabbers wat Hubei-provinsie opgerig is en wat 26 verdiepings elk beslaan. Daar word 25 000 diere per vlak gehuisves en in totaal 650 000 varke wat daar in die “Pig Palace” gehuisves word. Dit is ook in ‘n poging om landbou…
Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers.
Plantaardige proteïenbronne vir veevoer word al hoe meer wêreldwyd gebruik en is belangrik vir die veebedryf. Sojabone, veral as dit rou is, is hoog in proteïene en kan met groot vrug aangewend word. Dit kan ook ‘n ideale wisselbou gewas maak en oesreste kan ook goed aangewend word by vee.
Koeigedrag is ‘n studie wat deur navorsers in Suid-Afrika gedoen is en die resultate is baie interessant. Soos byvoorbeeld wanneer koeie gereeld kloustukke afgooi, kan dit ‘n aanduiding wees van iets wat haar irriteer, soos sensitiewe spene of wanneer sy bloot nie gemelk wil word nie. Foutiewe speenvoorbereiding kan ook…
23 Feb 2023 2AM
1 min
640 – 660
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.