GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
543 Episodes
520 – 540

#DieGrootTrek - Candice Jansen Water Sommelier.

Candice is een van net 'n handjie vol mense in die wêreld wat n water sommelier is. Sy het vir Doepie en Nina n water proe laat doen in studio met water van reg oor die wereld.
8 Jul 2021 27 min

#DieGrootTrek - Janil Bhemin gesels oor Covid en Inentings.

Ons het ‘n ongelooflike insiggewende onderhoud gehad met Hoof Mediese wetenskaplike Jinal Bhiman van die Nasionale Instituut vir oordraagbare siektes. Luister na die pocast om al jou vrae oor Covid en Covid-inentings te beantwoord…
21 May 2021 27 min
520 – 540